Page 288 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Wie is My Broers?
DIE seuns van Josef het glad nie saam met Jesus gevoel in Sy
werk nie. Die berigte wat hulle bereik het aangaande Sy lewe en
werk het hulle met verbasing en ontsteltenis vervul. Hulle het gehoor
dat Hy hele nagte in gebed deurgebring het, en dat Hy bedags deur
groot skares omring was en dat Hy Hom nie die tyd gegun het om te
eet nie. Sy vriende het gevoel dat Hy Homself gedaan gemaak het
deur Sy aanhoudende werk. Hulle kon nie Sy houding teenoor die
Fariseërs verklaar nie, en daar was sommige wat gevrees het dat Hy
verstandelik ongebalanseerd geraak het.
Sy broers het daarvan gehoor, en ook van die beskuldiging van
die Fariseërs dat Hy duiwels uitgewerp het deur die mag van die
Satan. Hulle het die smaad baie gevoel wat op hulle gekom het deur
hulle verwantskap aan Jesus. Hulle het geweet watter opskudding
Sy woorde en werke veroorsaak het, en nie alleen was hulle ontsteld
oor Sy vry- postige uitlatings nie, maar hulle was gebelgd oor Sy
bestraffing van die Fariseërs en skrifgeleerdes. Hulle het besluit dat
Hy oorgehaal of gedwing moes word om hierdie wyse van optrede
te staak, en hulle het Maria gevra om saam met hulle te staan, me-
nende dat hulle, deur Sy liefde vir haar, Hom mag oorreed om meer
verstandig te wees.
Dit was net ’n rukkie tevore dat Jesus vir die tweede maal die
wonderwerk verrig het om ’n man te genees wat blind, en stom, en
deur ’n duiwel besete was; en die Fariseërs het die beskuldiging her-
[324]
haal: “Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.”
Matt. 9: 34.
Christus het reguit aan hulle gesê dat, omdat hulle die werk van
die Heilige Gees aan die Satan toegeskryf het, hulle hulleself afge-
sny het van die Bron van seëninge. Diegene wat teen Jesus self
gespreek het, en nie Sy goddelike karakter besef het nie, mag nog
vergifnis ontvang; want deur die Heilige Gees kon hulle miskien
daartoe gebring word om hulle dwaling te sien en hulle te bekeer.
Wat die sonde ook is, as die siel glo en tot bekering kom, sal die
284