Page 286 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

282
DIE KONING VAN DIE EEUE
nou ’n triomfantlike optog. “En hierdie woord aangaande Hom het
uit- gegaan in die hele Judea en in die hele omtrek.”
Hy wat by die treurende moeder gestaan het by die poort van
Nain, sien elke treurende langs die baar. Hy het medelyde met ons
[321]
droefheid. Sy hart van liefde en ontferming, is ’n hart van onver-
anderlike tederheid. Sy woord, wat die dode in die lewe teruggeroep
het, is vandag net so magtig as toe dit gespreek is tot die jongeling
van Nain. Hy sê, “Aan My is gegee alle mag in hemel en op aarde.”
Matt. 28: 18. Die verloop van die jare het nie daardie krag laat
verminder nie, en nog minder is dit uitgeput deur die onafgebroke
werking van Sy oorvloedige genade. Vir almal wat in Hom glo, is
Hy nog die lewende Verlosser. Jesus het daardie moeder se verdriet
in vreugde verander toe Hy haar seun aan haar teruggegee het; maar
die jongeling is teruggeroep in hierdie aardse lewe om die verdriet,
geswoeg, en gevare te trotseer, en om weer onder die mag van die
dood te kom. Maar Jesus vertroos ons verdriet oor die dode met
n bood- skap van ewige hoop: “Ek is . . . die lewende; en Ek was
dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. . . . En ek het die sleutels
van die doderyk en van die dood.” “Aangesien die kinders dan vlees
en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig
geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor
die dood het — dit is die duiwel — en almal kon bevry wat hulle
hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.”
Openb. 1: 17, 18; Heb. 2: 14, 15.
Die Satan kan nie die dode in sy mag vashou wanneer die Seun
van God hulle gebied om te lewe nie. Ook kan hy nie een siel in
die geestelike dood vashou wat Christus se magwoord in geloof
aanneem nie. God sê aan almal wat dood is in die sonde, “Ontwaak,
jy wat slaap, en staan op uit die dode.” Efe. 5: 14. Daardie woord
is die ewige lewe. Net soos die woord van God wat die eerste mens
gebied het om te lewe, nog aan ons die lewe gee; net soos Christus
se woord, “Jongeling, Ek sê jou, staan op!” die lewe geskenk het
aan die jongeling van Nain, so is hierdie woord, “Staan op uit die
dode,” lewe vir die siel wat dit aanneem. God het ons verlos “uit die
mag van die duisternis, en oorgebring ... in die koninkryk van die
Seun van Sy liefde.” Kol. 1: 13. Dit word alles vir ons aangebied in
Sy Woord. As ons die Woord aanneem, dan het ons die verlossing.