Die Kaptein
281
dissipels, en ander, was by Hom, en langs die hele pad het mense
gekom, verlangende na Sy woorde van liefde en ontferming; hulle
het hulle siekes na Hom gebring vir genesing, en maar altyd gehoop
dat Hy wat hierdie wonderbare krag geopenbaar het, Homself as
Koning van Israel sou uitroep. ’n Skare het Hom gevolg, en dit was
’
n blymoedige, verwagtende geselskap wat Hom gevolg het met die
rotspaadjie na die poort van daardie bergdorpie.
Toe hulle naby kom, sien halle ’n begrafnisstoet aankom van
die poort van die dorp af. Langsaam het hulle voortbeweeg na die
begraaf- plaas. Aan die voorpunt was die draers, met die lyk op ’n
draagbaar, en rondom was die roudraers met hulle geween. Dit het
gelyk of al die mense van die dorpie daar was om hulle laaste eer
aan die dode, en hulle medelyde met die naasbestaandes te betoon.
Dit was ’n treurige skouspel. Die oorledene was die enigste seun
van sy weduwee-moeder. Die eensame moeder het die enigste een
wat vir haar hier op aarde gesorg het, na die graf gevolg. “En toe
die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel.” Sy het al
wenende voortbeweeg, blind van die trane, sodat sy Hom nie gesien
het nie. Hy het na haar toe aangekom en saggies gesê, “Moenie ween
nie!” Jesus sou haar droefheid in vreugde verander, maar nogtans
kon Hy nie help om uiting te gee aan Sy tere meegevoel nie.
“
Hy het nadergegaan en die baar aangeraak; selfs die aanraking
met die dode kon Hom nie besoedel nie. Die draers het stilgestaan,
en die geween van die roudraers het opgehou. Die twee klompe
mense het om die baar gestaan, hopende teen hoop. Iemand was
teenwoordig wat siekte verban en duiwels oorwin het; sou die dood
ook swig vir Sy mag?”
[320]
Met ’n helder, gebiedende stem is die woorde gespreek, “Jon-
geling, Ek sê jou, staan op!” Daardie stem het die ore van die dode
deurboor. Die jongeling het sy oë oopgemaak. Jesus het hom by
die hand geneem en hom opgerig. Toe val Sy blik op die wenende
moeder langs Hom, en sien Hy hoe die moeder haar seun lank en
met blydskap omhels. Betower het die skare alles in stilte aanskou.
“
Vrees het almal aangegryp.” Eerbiedig het hulle so vir ’n rukkie ge-
staan asof hulle in die teenwoordigheid van God was. Toe het hulle
God verheerlik en gesê: “’n Groot profeet het onder ons opgestaan;
en; God het Sy volk besoek.” Die begrafnisstoet is na Nain terug,