Page 284 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

280
DIE KONING VAN DIE EEUE
maar die pleidooi wat ons nou en altyd kan lewer, is ons heeltemal
hopelose toestand wat Sy verlossingskrag ’n noodsaaklikheid maak
Alle selfvertroue versakende, mag ons na die kruis van Golgota kyk
en sê:
Voor U moet ek skuldig staan,
Om gena my oog opslaan.”
Van kindsbeen af is die Jode geleer aangaande die werk van
die Messias Die geïnspireerde woorde van patriarge en profete, en
die simboliese leer van die offerstelsel het hulle geken. Maar hulle
het die lig veronagsaam, en nou het hulle in Jesus niks gesien om
te begeer nie. Maar die kaptein, as heiden gebore, opgevoed in die
afgodediens van Rome, opgelei as soldaat, en oënskynlik afgesny van
alle geestehke lewe deur sy opvoeding en omgewing, en nog verder
uitgesluit deur die bekrompenheid van die Jode, en die veragting van
sy eie vo s genote vir die mense van Israel — hierdie man het die
waarheid gesien waarvoor die kinders van Abraham blind was. Hy
het me gewag om te sien of die Jode self die Een sou aanneem wat
sê dat Hy die Messias is nie. Namate die “lig wat elke mens verlig”
wat in die wereld gebore word (Joh. 1: 9) op hom geskyn het, het
hy, alhoewel hy ver weg was, die heerlikheid van die Seun van God
gesien.”
Vir Jesus was dit ’n waarborg van die werk wat die evangelie
sou uitrie onder die heidene. Met blydskap het Hy uitgesien na die
versameling van siele uit alle nasies vir Sy koninkryk. Met droefheid
het Hy aan die Jode die gevolge geskilder van hulle verwerping
van Sy genade: “Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste
[319]
en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die
koninkryk van die hemele. Maar die kinders van die koninkryk sal
uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en
gekners van tande.” Helaas, hoeveel is daar nie vandag wat dieselfde
teleurstelling sal ondervind nie! Terwyl siele in heidense duisternis
Sy genade aanneem, hoeveel is daar nie in Christenlande op wie die
lig skyn net om ver- onagsaam te word nie!
Sowat twintig myl van Kapernaum af, op ’n plato, met die wye,
pragtige vlakte van Esdraelon daar benede, was die dorpie Nain
geleë, en daarheen het Jesus Sy voetstappe gewend. Baie van Sy