Page 283 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Kaptein
279
Sy koms het Hom vooruitgeloop, en die kaptein, in sy wantroue van
homself, het aan Hom n boodskap gestuur. “Here, moenie moeite
doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.” Maar
die Heiland het aangekom, en die kaptein, toe hy dit eindelik waag
om Hom te nader, het gesê, “Daarom het ek my ook nie waardig
geag om na U te gaan nie; sê dit maar met ’n woord, en my kneg sal
gesond word. Want ek is ook ’n man wat aan gesag onderworpe is, en
ek het soldate onder my en vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan;
en vir ’n ander een: Kom! en hy kom; en vir my slaaf: Doen dit! en
hy doen dit. Net soos ek die mag van Rome verteenwoordig, en my
soldate my gesag erken as die hoogste, so is U die verteenwoordiger
van die mag van die ewige God, en alle geskape dinge gehoorsaam U
woord. U kan die siekte gebied om te wyk, en dit sal U gehoorsaam.
U kan U hemelse boodskappers ontbied en hulle sal genesende krag
bring. Sê net die woord, en my kneg sal gesond word.”
Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai
Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs in
Israel het Ek so n groot geloof nie gevind nie.” En aan die kaptein
het Hy gesê, “Laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het
gesond geword in daardie uur.”
Die Joodse ouderlinge wat die kaptein by Jesus aanbeveel het,
het getoon hoe min hulle die gees van die evangelie gehad het.
Hulle het nie besef dat ons groot behoefte ons enigste aanspraak op
Gods genade is nie. In hulle eiegeregtigheid het hulle die kaptein
aanbeveel op grond van die guns wat hy aan “ons volk” betoon het.
Maar van homself het die kaptein gesê, “Ek is dit nie werd nie.”
Sy hart is aangeraak deur die genade van Christus. Hy het sy eie
[318]
onwaardigheid besef, dog het hy nie geaarsel om om hulp te vra nie.
Hy het nie op sy goedheid staatgemaak nie; sy sterkste aanspraak
was sy groot behoefte. Sy geloof het Christus aangeneem in Sy ware
karakter. Hy het nie in Hom geglo as slegs ’n wonderwerker me,
maar as die Vríend en Verlosser van die mensdom.
Dit is op hierdie wyse dat elke sondaar tot Christus moet kom.
Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie,
maar na Sy barmhartigheid het Hy ons gered.” Titus 3: 5. Wanneer
die Satan aan u sê dat u ’n sondaar is en nie mag hoop op die seën
van God nie, sê dan aan hom dat Christus in die wêreld gekom het
om sondaars te red. Ons het niks om ons by God aan te bevee nie;