Page 282 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Kaptein
AAN die koninklike beampte wie se seun Hy genees het, het
Christus gesê, “As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit
glo nie.” Joh. 4: 48. Dit het Hom gegrief dat Sy eie volk uiterlike
tekens wou sien as bewys van Sy Messiasskap. Keer op keer was Hy
verbaas oor hulle ongeloof. Maar Hy was verbaas oor die geloof van
die kaptein wat na Hom gekom het. Die kaptein het nie die Heiland
se krag betwyfel nie. Hy het Hom nie eens gevra om persoonlik te
kom om die wonderwerk te verrig nie. “Spreek net n woord,” het hy
gesê, “en my kneg sal gesond word.”
Die kaptein se kneg het aan verlamming gely en het op sterwe
gelê. Onder die Romeine was knegte slawe, gekoop of verkoop op
die ope mark, en hulle is wreed mishandel; maar die kaptein het sy
kneg liefgehad, en wou hom baie graag gesond sien. Hy het geglo dat
Jesus hom kon genees. Hy het die Heiland nog nooit gesien nie, maar
die gerugte wat hy van Hom gehoor het, het hom met geloof besiel.
Nieteenstaande die formalisme van die Jode, het hierdie Romein
geglo dat hulle godsdiens beter as syne was. en haat gebreek, wat die
veroweraars van die ver- owerdes geskei het. Hy het respek getoon
vir die diens van God, en het vriendelikheid betoon aan die Jode as
Sy aanbidders. In die leer van Christus, soos dit aan hom vertel is, het
hy iets gevind wat sy siel bevredig het. Alles wat geestelik in hom
was, het gereageer op die Heiland se woorde, maar hy het onwaardig
[317]
gevoel om in die teenwoor- digheid van Christus te kom, en hy het
die Joodse ouderlinge gevra om die versoek vir die genesing van sy
kneg oor te bring. Hulle het die groot Leraar geken en sou, het hy
gedink, weet hoe om Hom te nader om Sy guns te win.
Toe Jesus Kapernaum binnegaan, is Hy ontmoet deur ’n afvaar-
diging van die ouderlinge, wat Hom vertel het van die kaptein se
begeerte. Hulle het gesê, “Hy is dit werd dat U dit vir hom doen;
want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.”
Jesus het dadelik vertrek na die offisier se huis; maar, omdat die
skare Sy weg versper het, het Hy maar stadig gevorder. Die nuus van
278