Die Bergpredikasie
277
Die goeie boom sal goeie vrugte voortbring. As die vrugte sieg
is en nie geëet kan word nie, is die boom sleg. So ook sal die vrugte
wat ’n mens se lewe afwerp, getuig van die toneel van jou hart en die
uitnemendheid van die karakter. Die saligheid kan nooit met goeie
werke gekoop word nie, maar dit is die bewys van die geloof wat
deur die liefde werk en die siel reinig. Hoewel ons ewige loon nie
bereken word volgens ons verdienste nie, sal dit geskied volgens die
werk wat ons gedoen het deur die genade van Christus.
So het Christus die beginsels van Sy koninkryk verduidelik as
die groot maatstaf van die lewe. Om die les te beklink, het Hy dit
met n illustrasie toegelig. Dit is nie genoeg vir julle om My woorde
te hoor nie. Deur gehoorsaamheid moet julle dit die grondslag van
julle karakter maak. Ons eie krag is soos die dryfsand. As julle op
menslike teorieë en planne bou, sal julle huis val. Dit sal weggevoer
word deur die winde van versoeking en die storms van beproewing.
Maar die beginsels wat Ek aan julle verkondig het, sal bly. Neem
My aan; bou op My woorde.
“
Elkeen wat dan na hierdie woorde van My luister en dit doen,
hom sal ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots
gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en
die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het nie
geval nie, want sy fondament was op die rots.” Matt. 7: 24, 25.
[316]