276
DIE KONING VAN DIE EEUE
skepping. “Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” het Hy gevra.
Matt. 6: 26. Die mate van goddelike sorg wat aan n ding bestee
word, geskied in verhouding tot die rang wat daardie ding inneem
onder die dinge wat in aansyn geroep is. ’n Mossie word deur die
Voorsienigheid beskerm. Die blomme van die veld, die gras wat ’n
tapyt werp op die aarde — alles word gesien en versorg deur ons
hemelse Vader. Die groot Meesterkunstenaar het aandag bestee aan
die lelies, sodat hulle heerlikheid die van Salomo oortref. Hoeveel
meer sorg Hy nie vir die mens wat in die beeid en heerlikheid van
God geskape is nie! Hy sien graag dat Sy kinders ’n karakter soos
Syne openbaar. Net soos die sonstrale aan die blomme hulle pragtige
kleure gee, so wil God aan die siel die heerlikheid van Sy eie karakter
meedeel.
Almal wat Christus se koninkryk van liefde en geregtigheid en
vrede kies, en die belange daarvan bo alle ander belange stel, is
verbind met die wêreld daarbo, en elke seën wat nodig is vir hierdie
lewe sal aan hulle gegee word. In die boek van Gods voorsienigheid,
die boek van die lewe, kry elkeen van ons ’n bladsy. Daardie bladsy
bevat elke besonderheid van ons geskiedenis; selfs die hare van ons
hoof is getel. Gods kinders is nooit uit Sy gedagte uit nie.
Kwel julle dus nie oor more nie.” Matt. 6: 34. Ons moet Christus
dag na dag volg. God gee nie hulp vir more nie. Hy gee nie aan Sy
kinders al die opdragte vir hulle lewe meteens nie, sodat hulle nie
miskien verward raak nie. Hy vertel hulle net soveel as wat hulle kan
onthou en doen. Die krag en wysheid wat Hy gee, is vir die hede.
“
As iemand van julle wysheid kortkom,” vir vandag, “laat hom dit
[315]
van God bid, wat vir almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en
dit sal aan hom gegee word.” Jakobus 1: 5.
“
Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel mag word nie.”
Moenie dink dat julle beter as ander mense is nie, en moet julieseif
nie aanstel as regters oor hulle nie. Omdat ons nie die motiewe van
ander kan vasstel nie, kan ons mekaar ook nie oordeel nie. Waar
ons ’n ander oordeel, spreek ons vonnis uit oor onsself, want ons
bewys daar- deur dat ons saam met die Satan aanklaers van ons
broeder is. Die Here sê, “Ondersoek julieseif of julle in die geloof
is; stel julleself op die proef.” Dit is ons werk. “Want as ons onsself
beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.” 2 Kor. 13: 5; 1 Kor.
11: 31.