Page 279 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Bergpredikasie
275
gelde.” Ons karakter word gevorm deur die lewe wat ons deur die
genade van Christus lewe. Dit is dan wanneer die oorspronklike lief-
likheid in die siel begin herstel word. Die eienskappe van die karakter
van Christus word meegedeel, en die beeid van die Goddelike begin
te skyn. Die gelaat van manne en vroue wat met God wandel en
werk, weerkaats die vrede van die hemel. Hulle is omring van die
atmosfeer van die hemel. Vir sulke siele het die koninkryk van God
reeds begin. Hulle het Christus se vreugde — die vreugde om ’n
seën te wees vir die mensheid. Hulle het die eer om aangeneem te
wees vir die Meester se gebruik; hulle word vertrou om Sy werk in
Sy Naam te doen.
Niemand kan twee here dien nie.” Ons kan God nie met ’n
verdeelde hart dien nie. Die Bybelse godsdiens is nie een invloed
onder ’n klomp ander nie; sy invloed moet bokant alle ander wees
en moet hulle oorheers. Dit is nie soos die aanbring van kleure hier
en daar op die doek nie, maar dit moet deur die hele lewe werk asof
die doek heeltemal in die verf gedoop is, sodat die hele weefsel, elke
draad, die kleur onuitwisbaar aanneem.
As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar
as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees.” Reinheid
en doelbewustheid is die voorwaardes vir die ontvangs van lig van
God. Hy wat graag die waarheid wil weet, moet gewillig wees om
alles aan te neem wat geopenbaar word. Hy kan geen kompromis
aangaan met dwaalleer nie. Om te weifel en halfhartig te wees met
betrekking tot die aanname van waarheid, is om die duisternis van
dwaalleer en sataniese bedrog te kies.
[314]
n Wêreldse beleid en die reguit beginsels van geregtigheid,
sal nooit met mekaar saamsmelt soos die kleure van die reënboog
nie. Tussen die twee word ’n duidelike en helder lyn getrek deur die
ewige God. Gelykheid aan Christus verskil so radikaal van gelykheid
aan die Satan as die middag van die middernag. Alleen diegene wat
die lewe van Christus lewe, is Sy medewerkers. As een sonde in
die lewe gekoester word, as een verkeerde ding in die lewe behou
word, is die hele lewe besoedel. Die man word ’n werktuig van die
ongeregtigheid.
Almal wat die diens van God gekies het, moet rus in Sy bewaring.
Christus het na die voëls van die hemel gewys, en na die lelies van
die veld, en Sy hoorders gevra om te let op die voorwerpe van Gods