274
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die ideaal waarna Christene moet streef, is om soos Christus
te wees. Net soos die Seun van die mens volmaak was in Sy lewe,
so moet Sy navolgers ook volmaak wees in hulle lewe. Jesus het
in alle opsigte aan Sy broeders gelyk geword. Hy het vlees geword
net soos ons vlees is. Hy het honger en dors en moeg geword. Hy
is deur voedsel versterk en deur slaap verkwik. Hy het die lot van
mense aangeneem, en nogtans was Hy die onberispelike Seun van
God. Hy was God in die vlees. Sy karakter moet ons s’n wees. Die
Here sê van diegene wat in Hom glo, “Ek sal in hulle woon en onder
hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk
wees.”Kor. 6: 16.
Christus is die leer wat Jakob gesien het, met die voetstuk rus-
tende op die aarde en met die boonste ent reikende tot by die poort
van die hemel — tot by die drumpel van die heerlikheid. As daar by
daardie leer net een sport ontbreek het sodat dit nie tot by die aarde
gereik het nie, sou ons verlore gegaan het. Maar Christus bereik ons
waar ons is. Hy het ons natuur aangeneem en oorwin, sodat ons, deur
Sy natuur aan te neem ook mag oorwin. Hy het in “die gelykheid van
die sondige vlees” gekom (Rom. 8: 3), en ’n sondelose lewe gelei.
Deur Sy godheid neem Hy nou die troon van die hemel beet, en deur
Sy mensheid neem Hy ons hand. Hy beveel ons om deur geloof in
Hom die heerlikheid van die karakter van God te bereik. Daarom
moet ons volmaak wees soos ons “Vader in die hemele volmaak is.”
Jesus het gewys waaruit geregtigheid bestaan, en Hy het na God
gewys as die bron daarvan. Nou het Hy Hom gewend tot die praktiese
pligte. As daar aalmoes gedoen, gebid, of gevas word, het Hy gesê,
moet dit nie gedoen word om die aandag te trek of om lof te verdien
[313]
nie. Gee in opregtheid vir die voordeel van die lydende armes. In
die gebed moet die siel met God gemeenskap hou. As daar gevas
word, moet ons nie loop met ’n droewige gelaat, en ’n hart vol van
gedagtes van selfbejammering nie. Die hart van die Fariseër is dorre,
waardelose aarde waarin geen saad van goddelike lewe kan groei
nie. Dit is die een wat homself volkome aan God oorgee wat die
aanneem- likste diens sal lewer. Dit is deur gemeenskap met God
dat mense medewerkers van Hom word om Sy karakter aan die
mensheid voor te stel.
Die diens wat met ’n opregte hart gedoen word, het groot loon.
“
Jou Vader wat in die verborge sien, Hy sal jou in die openbaar ver-