Die Bergpredikasie
273
ontwaardiging wat geregverdig is. As sulke gebelgdheid veroorsaak
is deur n fyngevoelige sedelike sin, is dit nie sonde nie. Maar diegene
wat meen dat hulle maar kan kwaad word as daar slegs die geringste
aanleiding is, maak hulle hart oop vir die Satan. Verbittering en
vyandig- heid moet uit die hart verban word as ons in harmonie met
die hemel wil wees.
Die Heiland het nog verder as dit gegaan. Hy het gesê, “As jy dan
jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broer iets
teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan ver- soen
jou eers met jou broer, en kom dan en bring jou gawe.” Daar is
vele wat ywerig is in die godsdiens terwyl daar onenigheid is tussen
hulle en hulle broeders. God verwag dat hulle alles in hulle vermoë
sal doen om die harmonie te herstel. Aleer hulle dit doen, kan Hy
nie hulle diens aanneem nie. Die Christen se plig in hierdie saak is
duidelik aangewys.
God stort Sy seëninge op almal uit. “Hy laat Sy son opgaan oor
slegtes en goeies en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.”
“
Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.” Lukas 6:
35.
Hy beveel ons om soos Hy self te wees. “Seën die wat vir julle
vervloek,” het Jesus gesê; “doen goed aan die wat vir julle haat, .
. .
sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele
is. Dit is die beginsels van die wet, en hulle is die fonteine van die
lewe.
Gods ideaal vir Sy kinders is hoër as die hoogste menslike ideaal.
“
Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.”
Hierdie bevel is ’n belofte. Die verlossingsplan beoog ons volkome
verlossing uit die mag van die Satan. Christus verlos altyd die boet-
vaardige siel van die sonde. Hy het gekom om die werke van die
Satan te vernietig, en Hy het voorsiening gemaak sodat die Heilige
[312]
Gees gegee kan word aan elke boetvaardige siel om hom van die
sonde te bewaar.
Die bedrywigheid van die versoeker moet nie aangevoer word as
’
n verskoning vir selfs een verkeerde daad nie. Die Satan is baie bly
wanneer hy hoor dat belydende navolgers van Christus verskonings
maak vir hulle karaktergebreke. Dit is sulke ekskuse wat tot die
sonde lei. Daar is geen verskoning vir die sonde nie. ’n Heilige
temperament, ’n Christelike lewe, is moontlik vir elke boetvaardige,
gelowige kind van God.