272
DIE KONING VAN DIE EEUE
’
n sekere teologiese belydenis toegedaan is. Maar hulle leef nie die
waarheid in die praktiese lewe uit nie. Hulle glo dit nie en het dit nie
lief nie, en daarom het hulle nie die krag en genade ontvang wat deur
die heiligmaking van die waarheid kom nie. Mense mag geloof in
die waarheid bely, maar as dit hulle nie opreg, vriendelik, geduldig,
ver draagsaam, en hemelsgesind maak nie, dan is dit ’n vloek vir die
besit- ters, en deur hulle invloed word dit ’n vloek vir die wêreld.
Die geregtigheid wat Christus geleer het, is ooreenstemming van
die hart en die lewe met die geopenbaarde wil van God. Sondige
mense kan regverdig word alleen deur geloof in God en deur lewende
gemeenskap met Hom. Dan sal die ware godsaligheid die gedagtes
verhef en die lewe veredel. Dan sal die uiterlike vorms van die
godsdiens in ooreenstemming wees met die Christen se innerlike
reinheid. Dan sal die seremonies wat nodig is in die diens van God
nie blote rites sonder betekenis wees soos die van die skynheilige
Fariseërs nie.
Jesus het die gebooie een vir een geneem en die diepte en breedte
van elkeen verduidelik. Pleks van een jota van hulle krag ter syde te
stel, het Hy gewys hoe verreikend hulle beginsels is, en Hy het die
dodelike dwaling van die Jode in die uiterlike gehoorsaamheid aan
die kaak gestel. Hy het gesê dat mens deur ’n sondige gedagte en
wellustige blik die wet van God kan oortree. Iemand wat homself
skuldig maak aan die geringste onregverdigheid, oortree die wet
en verlaag sy eie sedelike natuur. Moord ontstaan eers in die hart.
Diegene wat haatdraend is, begin die pad van die moordenaar te
betree,en sy offers is afskuwelik vir God.
Die Jode het die gees van wraaksug gekoester. In hulle haat
vir die Romeine het hulle baie harde dinge gesê, en hulle het die
Satan behaag deur sy eienskappe te openbaar. Hulle het hulleself
[311]
dus voorberei om daardie vreeslike dade te doen waartoe hy hulle
later beweeg het. In die godsdienstige lewe van die Fariseërs was
daar niks om ’n begeerte tot vroomheid by die heidene op te wek nie.
Jesus het aan hulle gesê om hulleself nie te bedrieg dat hulle in hulle
hart in opstand kan kom teen hulle verdrukkers en ’n wraaksugtige
gees kan koester nie. Dit is waar dat daar miskien aanduidings is dat
so iets geregverdig mag wees, selfs in die navolgers van Christus.
Wanneer hulle sien dat God onteer is en Sy diens belaster word;
wanneer hulle sien dat onskuldiges verdruk word, ontstaan daar ver-