Page 275 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Bergpredikasie
271
karakter getoon wat deur sulke gehoorsaamheid sou ontwikkel word.
Almal wat gehoorsaam soos Hy gehoorsaam het, verklaar net soos
Hy dat die wet “heilig en reg- verdig en goed” is. Rom. 7: 12. Aan
die anderkant, almal wat Gods gebooie breek, bevestig die bewering
van die Satan dat die wet onreg- verdig is en nie gehoorsaam kan
word nie. Hulle steun dus die bedrog van die groot teenstander en
hulle onteer God. Hulle is die kinders van die Bose, wat die eerste
rebel teen Gods wet was. Om hulle in die hemel toe te laat, sou
net weer die elemente van tweedrag en rebellie daar inbring, en die
geluk van die heelal in gevaar stel. Geen mens wat moedswillig
een beginsel van die wet veronagsaam, sal die konink- ryk van die
hemele binnegaan nie.
Die rabbi’s het op hulle geregtigheid gesteun as ’n paspoort na
die hemel; maar Jesus het gesê dat dit onvoldoende en waardeloos
was. Uiterlike seremonies en ’n teoretiese kennis van die waarheid
het die geregtigheid van die Fariseërs uitgemaak. Die rabbi’s het
aanspraak gemaak op heiligheid op grond van hulle eie pogings om
die wet te hou, maar hulle werke het geregtigheid van hulle godsdiens
geskei. Terwyl hulle die rituaal nougeset nagekom het, was hulle
lewens onsedelik en verlaag. Hulle sogenaamde geregtigheid kon
nooit die koninkryk van die hemel binnegaan nie.
Die grootste bedrog in die menslike hart in die tyd van Christus
was dat ’n bloot verstandelike aanname van die waarheid die persoon
regverdig maak. In die hele ervaring van die lewe is daar bewys dat
n teoretiese kennis van die waarheid nie genoeg is om die siel
te red nie. Dit werp nie die vrugte van geregtigheid af nie. Om
vreeslik gesteld te wees op wat genoem word teologiese waarheid
gaan dikwels gepaard met haat vir die egte waarheid waar dit in die
lewe geopenbaar word. Die swartste hoofstukke in die geskiedenis is
die wat beklad is met die dade van godsdiensyweraars. Die Fariseërs
[310]
het daarop aanspraak gemaak dat hulle kinders van Abraham is, en
hulle het gespog dat hulle die orakels van God het; en tog het hierdie
voordele hulle nie bewaar van selfsug, kwaadwilligheid, hebsug, en
lae huigelary nie. Hulle het gemeen dat hulle die godsdienstigste
mense in die wêreld was, maar hulle ortodoksie het hulle nie belet
om die Here van heerlikheid te kruisig nie.
Dieselfde gevaar bestaan vandag nog. Vele beskou dit sommer
as vanselfsprekend dat hulle Christene is, eenvoudig omdat hulle