Page 274 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

270
DIE KONING VAN DIE EEUE
God wil hè dat ons gelukkig moet wees, en Hy het ons die voorskrifte
van die wet gegee sodat ons deur hulle te gehoorsaam, vreugde kan
hê. Toe die engele by die geboorte van Jesus gesing het:
Eer aan God in die hoogste hemele
en vrede op aarde,In die mense ’n welbehae” (Lukas 2: 14),
het hulle die beginsels van die wet verkondig wat Hy gekom het
om te eer en groot te maak.
Toe die wet op Sinai afgekondig is, het God aan die mense die
heiligheid van Sy karakter verklaar, sodat hulle in vergelyking die
son- digheid van hulle eie kon sien. Die wet is gegee om hulle van die
sonde te oortuig en hulle behoefte aan ’n Verlosser te openbaar. Die
wet sou dit doen namate die beginsels daarvan in die hart opgeneem
word deur die werking van die Heilige Gees. Dit moet vandag nog
daardie werk doen. Die beginsels van die wet is geopenbaar in die
lewe van Christus, en waar die Heilige Gees die hart aanraak en die
lig van Christus aan die mense hulle behoefte aan Sy reinigende
bloed en Sy regverdigmakende geregtigheid openbaar, is die wet nog
die werktuig wat ons na Christus bring, sodat ons deur die geloof
gereg- verdig kan word. “Die wet van die Here is volmaak: dit
verkwik die siel.” Ps. 19: 8.
Totdat die hemel en die aarde verbygaan,” het Jesus gesê, “sal
nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles
gebeur het nie.” Die son wat aan die hemeltrans skyn, die soliede
aarde waarop julle woon, is Gods getuies dat Sy wet onveranderlik
en ewig is. Al sou hierdie dinge vergaan, die goddelike voorskrifte
sal bly voortbestaan. “Dit is makliker dat die hemel en die aarde
verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.” Lukas 16: 17. Die
stelsel van tipes wat vooruit gewys het op Jesus as die Lam van God,
[309]
sou verdwyn by Sy dood, maar die voorskrifte van die Dekaloog is
net so onver- anderlik as die troon van God.
Aangesien die “wet van die Here” volmaak is, moet elke af-
wyking daarvan sondig wees. Diegene wat die gebooie van God
ongehoorsaam is en ander leer om dit ook te doen, word deur Chris-
tus veroordeel. In Sy lewe van gehoorsaamheid het die Heiland
voldoen aan die vereistes van die wet. Dit het bewys dat die wet
in die menslike vlees gehou kan word, en dit het die uitnemende