Die Bergpredikasie
269
Jesus het Hom nie bepaal by die voorskrifte van die wet nie,
maar Hy het nie Sy hoorders tot die gevolgtrekking laat kom dat
Hy die vereistes van die wet ter syde gestel het nie. Hy het geweet
dat spioene gereed gestaan het om elke woord van Hom te gryp en
uit die verband te ruk vir hulle eie doeleindes. Hy het geweet van
die vooroordeel wat daar in die harte was van baie van Sy hoorders,
en Hy het niks gesê om hulle geloof te skok in die godsdiens en
instellings wat aan hulle deur Moses gegee is nie. Christus self het
sowel die seremoniële as die sedewet gegee. Hy het nie gekom om
vertroue te vernietig in Sy eie onderrig nie. Dit was om rede Sy
groot eerbied vir die wet en die profete dat Hy getrag het om deur
die muur te breek van die tradisies wat die Jode omsluit het. Terwyl
Hy hulle valse vertolkings van die wet ter syde gestel het, het Hy Sy
dissipels bewaar om nie die belangrike waarhede te versaak wat aan
die Hebreërs gegee was nie.
Die Fariseërs het gespog met hulle gehoorsaamheid aan die wet,
maar nogtans het hulle so min geweet van die praktiese uitlewing
daarvan in die alledaagse lewe, dat die woorde van die Heiland vir
hulle soos kettery geklink het. Namate Hy die rommel verwyder het
waaronder die waarheid bedolwe was, het hulle gedog dat Hy die
waarheid self weggeveeg het. Hulle het mekaar toegefluister dat Hy
die wet lig opneem. Hy het hulle gedagtes gelees en hulle geant-
woord: “Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet en die Profete te
ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”
Hier het Jesus die beskuldiging van die Fariseërs weerspreek. Sy
sending in die wêreld was om die heilige voorskrifte te handhaaf van
die wet wat Hy volgens hulle sou oortree het. As die wet van God
verander of afgeskaf kon word, sou dit nie vir Christus nodig gewees
het om die straf te ondergaan vir ons oortreding daarvan nie.Hy het
gekom om die verhouding van die wet tot die mens teve klaar, en
[308]
om die voorskrifte daarvan in Sy eie lewe van gehoorsaamheid uit
te beeid.
God het ons Sy heilige voorskrifte gegee omdat Hy die mensdom
liefhet. Om ons te beskerm teen die gevolge van oortreding, het Hy
die beginsels van geregtigheid geopenbaar. Die wet is ’n uitdrukking
van die gedagte van God; wanneer ons dit in Christus aanneem, word
dit ons gedagte. Dit verhef ons bokant die mag van ons natuurlike
neigings en begeertes, bokant die versoekings wat tot die sonde lei.