Page 272 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

268
DIE KONING VAN DIE EEUE
dig gedra word liewer as om gevrees en vermy te word. Gretig om
hulle plig aan die wêreld te vervul, en strewende na die goedkeuring
van God, sal Sy diensknegte elke plig vervul ongeag die vrees of die
guns van mense.
Julie is die sout van die aarde,” het Jesus gesê. Moet julleself
nie aan die wêreld onttrek ten einde vervolging te ontduik nie. Julle
moet onder die mense bly, sodat die geur van goddelike liefde soos
die sout kan wees om die wêreld te bewaar teen bederf.
Harte wat reageer op die invloed van die Heilige Gees is die
kanale waarlangs Gods seëninge vloei. As diegene wat God dien,
van die aarde weggeneem sou word, en Sy Gees aan die mense
onttrek word, sal hierdie wêreld oorgegee word aan verwoesting en
vernietiging - die vrugte van die Satan se heerskappy. Hoewel die
goddelose dit nie weet nie, is hulle selfs die seëninge van hierdie
lewe verskuldig aan die teenwoordigheid in die wêreld van Gods
kinders wat hulle verag en verdruk. Maar diegene wat Christene net
in naam is, is soos sout wat laf geword het. Hulle het geen invloed
ten goede in die wêreld nie. Deur hulle verkeerde voorstelling van
God, is hulle erger as ongelowiges.
Julle is die lig van die wêreld.” Die Jode het gemeen om die
voordele van die saligheid te beperk slegs tot hulle eie volksgenote,
maar Christus het hulle gewys dat die saligheid soos die sonskyn
is. Dit behoort aan die hele wêreld. Die godsdiens van die Bybel
moet nie net binne die omslag van die boek gehou word nie, of binne
die mure van ’n kerk nie. Dit moet nie net by tye uitgebring word
vir ons eie voordeel, en dan weer sorgvuldig weggebêre word nie.
Dit moet die daelikse lewe heilig, en geopenbaar word in al ons
besig- heidstransaksies en in al ons sosiale omgang.
[307]
n Opregte karakter word nie van buite af gevorm nie; dit werk
van binne. As ons ander in die weg van geregtigheid wil lei, moet
die beginsels van geregtigheid in ons eie harte gekoester word. Ons
belydenis van geloof mag die teorie van die godsdiens verkondig,
maar dit is ons daadwerklike vroomheid wat die woorde van die
waarheid verkondig. Die konsekwente lewe, die heilige wandel,
die onwrikbare opregtheid, die welwillende gees, en die goddelike
voorbeeld —- dit is die kanale waardeur lig aan die wêreld gebring
word.