Die Bergpredikasie
267
vrees. Hulle het mekaar vraend aangekyk. Wie van hulle kon gered
word as hierdie Man se leer reg was? Vele het tot die oortuiging
gekom dat hierdie opspraakwekkende Leraar deur die Gees van God
besiel is, en dat wat Hy gespreek het, goddelik was.
Ná Hy verduidelik het waaruit ware geluk bestaan en hoe dit
verkry kan word, het Jesus meer bepaald gewys op die plig van
Sy dissipels as leraars deur God verkies om ander in die pad van
geregtigheid en die ewige lewe te lei. Hy het geweet dat hulle dikwels
teleurgestel en ontmoedig sou wees, dat hulle heftige teenstand sou
ondervind, dat hulle beledig, en hulle getuienis verwerp sou word.
Goed het Hy geweet dat daardie nederige manne wat so aandagtig na
Sy woorde geluister het, in die vervulling van hulle sending uitgeskel,
gemartel, in die gevangenis gewerp, en gedood sou word; en Hy
het voortgegaan: “Salig is die wat vervolg word terwille van die
geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik
allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug
julle, omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die
profete vervolg wat vóór julle gewees het.”
Die wêreld het die sonde lief en haat die geregtigheid, en hier
het ons die rede vir sy vyandigheid teenoor Jesus. Almal wat Sy
ewige liefde weier, sal die Christelike geloof lastig vind. Die lig
van Christus verdryf die duisternis wat hulle sondes bedek, en die
behoefte aan hervorming word duidelik. Terwyl diegene wat hulle
oorgee aan die invloed van die Heilige Gees die oorlog teen hulleself
aanknoop, sal diegene wat aan die sonde vasklem oorlog maak teen
die waarheid en sy verteenwoordigers.
[306]
So ontstaan die stryd, en dan word Christus se navolgers be-
skuldig dat hulle die beroerders van die volk is. Dit is gemeenskap
met God wat hulle die vyandskap van die wêreld berokken. Hulle
dra die smaad van Christus. Hulle bewandel die pad wat vóór hulle
bewandel is deur die edelstes van die aarde. Nie in droefheid nie,
maar in vreugde moet hulle vervolging tegemoetgaan. Elke vurige
beproewing is ’n werktuig van God vir hulle loutering. Dit maak
hulle bekwaam vir hulle werk as medewerkers van Hom. Elke stryd
het sy piek in die groot stryd van geregtigheid, en elkeen sal bykom-
stige vreugde bring in hulle uiteindelike oorwinning. Met die oog
daarop, sal die beproewing van hulle geloof en lydsaamheid blymoe-