266
DIE KONING VAN DIE EEUE
mense God nie kan sien nie. Die Here vergewe die boetvaardige
sondaar; maar alhoewel hy vergewe is, is die siel geskend. Alle
onreine praat- jies of gedagtes moet vermy word deur diegene wat
geestelike waarheid onbelemmerd wil sien.
Maar die woorde van Christus het nie betrekking op sinlike
onreinheid alleen nie, en dit sluit meer in as bewaring van die sere-
moniële onreinheid waarvoor die Jode so bang was. Selfsug sal belet
dat ons God sien. Die selfsugtige gees meen dat God ’n persoon
is soos hy. Voordat ons dit eers versaak het, sal ons Hom, wat die
liefde is, nie verstaan nie. Alleen die onselfsugtige hart, die nederige,
vertrouende
gees sal God sien as “’n barmhartige en genadige God, lankmoe-
dig en groot van goedertierenheid en trau.” Exod. 34: 6.
“
Salig is die vredemakers.” Die vrede van Christus word gebore
uit die waarheid. Dit beteken harmonie met God. Die wêreld staan
vyandig teenoor die wet van God; sondaars staan vyandig teenoor
hulle Maker; en ten gevolge daarvan staan hulle vyandig teenoor
mekaar. Maar die psalmis verklaar, “Die wat U wet liefhet, het groot
vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.” Ps. 119: 165. Mens
kan nie vrede fabriseer nie. Menslike planne vir die reiniging en
opheffing van indiwidue of van die samelewing sal nie vrede bring
nie, omdat hulle nie die hart kan bereik nie. Die enigste mag wat
blywende en ware vrede kan skep, is die genade van Christus. As dit
in die hart geplant is, sal dit alle bose drifte wat stryd en tweedrag
veroorsaak, uitwerp. “Vir ’n doringboom sal ’n sipres opgaan; vir ’n
distel sal ’n mirteboom opgaan;” en die woestyn van die lewe “sal
bly wees . . . en bloei soos ’n herfslelie.” Jes. 55: 13; 35: 1.
Die skare was verbaas oor hierdie leer wat so verskil het van die
voorskrifte en voorbeeld van die Fariseërs. Die volk het tot die plek
[304]
[305]
gekom waar hulle gedink het dat geluk gevind kan word in aardse
besittings, en dat die roem en eer van mense begeer moes word. Dit
het die oor gestreel om “Rabbi” genoem te word, om geprys te word
as wys en godsdienstig, en jou deugde in die openbaar te hoor roem.
Dit is beskou as die kroon van geluk. Maar in die teenwoordigheid
van daardie groot skare het Jesus verklaar dat aardse gewin en eer
die enigste loon sal wees wat sulke mense ooit sal ontvang. Hy het
met oortuiging gepraat, en Sy woorde het oortuigende krag gehad.
Die mense is die swye opgelê, en hulle is oorval deur ’n gevoel van