Page 269 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Bergpredikasie
265
droefgeestig maak nie. Die grootste bewys van edelmoedigheid by
n Christen is selfbeheersing. Die persoon wat onder beledigings en
wreedheid nie ’n kalme vertrouende gees bewaar nie, beroof God van
Sy reg om in hom die volmaaktheid van Sy eie karakter te openbaar.
Nederigheid van hart is die krag wat die oorwinning gee aan die
navolgers van Christus; dit is die bewys van hulle verbintenis met
die howe daarbo.
Want die Here is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan.”
Ps. 138: 6. Diegene wat die sagmoedige en nederige gees van Chris-
tus openbaar, word met tederheid bejeën deur God. Die wêreld mag
hulle met veragting beskou, maar hulle is van groot waarde in Sy
oë. Nie alleen die wyse, die grotes, die weldadiges, en nie net die
besige werker wat vol ywer en rustelose aktiwiteit is, sal ’n paspoort
na die hemel verkry nie. Nee; die armes van gees wat verlang na die
teenwoordigheid van Christus, die nederiges van hart wie se hoogste
strewe die doen van Gods wil is — aan hulle sal ryklik verleen word
die ingang tot die koninkryk. Hulle sal onder diegene wees wat hulle
klere wit gewas het in die bloed van die Lam. “Daarom is hulle voor
die troon van God en dien Hom dag en nag in Sy tempel; en Hy wat
op die troon sit, sal Sy tent oor hulle oopspan.” Openb. 7: 15.
Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid.” Die gevoel
van’onwaardigheid sal die hart lei om te honger en dors na die
geregtigheid, en daardie begeerte sal vervul word. Diegene wat in
hulle hart plek maak vir Jesus, sal Sy liefde ondervind. Almal wat
verlang om die karakter van God te hê, sal bevredig word. Die
Heilige Gees laat nooit die siel sonder hulp wat op Jesus sien nie.
Hy neem van die dinge van Christus en wys dit aan hom. As die oë
op Christus
[303]
gevestig is, sal die werk van die Gees nie ophou totdat daardie
siel in Sy beeld verander is nie. Die reine element van liefde sal
die siel verruim, en daaraan die vermoë gee tot groter prestasies,
meer kennis van hemelse dinge, sodat dit nie tevrede sal wees met
minder as die volheid nie. “Salig is die wat honger en dors na die
geregtigheid, want hulle sal versadig word.”
Aan die barmhartiges sal barmhartigheid bewys word, en die
wat rein is van hart, sal God sien. Elke onreine gedagte besoedel die
siel, verswak die sedelike sin, en het ’n neiging om die indrukke van
die Heilige Gees te vernietig. Dit verdof die geestelike visie, sodat