Page 268 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

264
DIE KONING VAN DIE EEUE
dige is maar net die trane wat die sonskyn van heiligheid voorafgaan.
Die berou is ’n voorloper van ’n vreugde wat ’n lewende fontein
in die siel sal wees. “Alleenlik, ken jou ongeregtigheid dat jy teen
die Here jou God oortree het;” “want Ek is goedertieren, spreek die
Here, Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.” Jer. 3: 13, 12. “Om
vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad
vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ’n gewaad van lof vir ’n verslae
gees.” Jes. 61: 3.
Ook vir diegene wat treur in beproewing en verdriet is daar
troos. Die bitterheid van droefheid en vernedering is beter as die
genietinge van die sonde. Deur beproewing openbaar God aan ons
die ver- dorwenheid van ons karakter, sodat ons deur Sy genade
ons foute kan oorwin. Hoofstukke aangaande onsself, wat ons nie
ken nie, word aan ons geopenbaar, en ons kom voor die toets te
staan of ons die bestraffing en raad van God sal aanneem. As ons
beproef word, moet ons nie murmureer en kla nie. Ons moet nie
opstandig word, of ons van Christus af weg kwel nie. Ons moet ons
siel verootmoedig voor God. Die weë van die Here is duister vir
diegene wat graag sake wil sien in ’n lig wat hulleself behaag. Dit
skyn donker en sonder vreugde vir ons menslike natuur. Maar Gods
weë is weë van genade en die uiteinde is die saligheid. Elia het nie
geweet wat hy gedoen het toe hy in die woestyn gesê het dat hy
genoeg aan die lewe gehad en gebid het dat hy mag sterf nie. In Sy
genade het die Here hom nie op sy woord geneem nie. Daar was nog
werk vir Elia om te doen, en toe sy werk klaar was, sou die Here nie
toelaat dat hy moedeloos en een- saam in die woestyn sterf nie. Hy
sou nie in die stof van die dood neerdaal nie, maar in heerlikheid
opvaar, begelei deur hemelse waens, na die troon omhoog.
[302]
Gods woord vir droefheid is, “Ek het hulle weë gesien, en Ek sal
hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk,
naamlik aan hulle treuriges.” “Ek sal hulle rou in vreugde verander
en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.” Jes. 57:
18;
Jer. 31: 13.
Salig is die sagmoediges.” Die moeilikhede waarmee ons te
kampe het, kan baie verminder word deur die sagmoedige wat hom
in Christus verskuil. As ons die sagmoedigheid van ons Meester het,
sal ons die beledigings en die aanstote en die ergernisse waaraan
ons daeliks blootgestel is, te bowe kom, en hulle sal ons nie meer