Die Bergpredikasie
263
diegene wat ryk is en sê dat hulle aan niks behoefte het, word dit
geopenbaar nie, maar aan diegene wat nederig en boetvaardig is.
Daar is slegs een fontein vir die sonde geopen, ’n fontein vir die
armes van gees.
Die trotse hart streef om die saligheid te verdien; maar beide ons
reg op die hemel en ons geskiktheid daarvoor word gevind in die
geregtigheid van Christus. Die Here kan niks doen vir die herstel van
die mens nie totdat hy, oortuig van sy eie swakheid, kaalgestroop
is van alle selfvoldaanheid, en homself oorgee aan die beheer van
God. Dan eers kan hy die gawe ontvang wat God wag om aan hom
te gee. Vir die siel wat sy behoefte besef, word niks teruggehou nie.
So ’n siel het onbelemmerde toegang tot Hom in wie al die volheid
woon. “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon,
Heilig is Sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en
by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees
van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.”
Jes. 57: 15.
“
Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word. Deur hierdie
woorde leer Christus nie dat om te treur op sigself die krag het om die
skuld van die sonde weg te neem nie. Hy gee nie hier toestemming
tot geveinsdheid of vrywillige verootmoediging nie. Die soort treur
wat Hy bedoel het, bestaan nie in ’n swaarmoedige geweeklaag nie.
Terwyl ons mag treur oor die sonde, moet ons ons verbly in die
salige voorreg dat ons Gods kinders is.
Ons treur dikwels omdat ons sondige dade onaangename ge-
volge vir ons het; maar dit is nie berou nie. Ware berou oor die
sonde kom ten gevolge van die werking van die Heilige Gees. Die
Gees openbaar die ondankbaarheid van die hart wat die Heiland
seergemaak en gegrief het, en dit bring ons in boetvaardigheid na die
[301]
voet van die kruis. Elke sonde verwond Jesus opnuut; en waar ons
Hom aanskou wat ons deurboor het, het ons berou oor die sondes
wat Hom seerge- maak het. Sulke berou sal lei tot die versaking van
die sonde.
Die wêreldling mag hierdie berou bestempel as swakheid, maar
dit is die krag wat die boetvaardige verbind met die Ewige met ska-
kels wat nie kan verbreek word nie. Dit wys dat die engele van God
na die siel terugbring die deugde wat verloregegaan het deur die
hardheid van die hart en die oortreding. Die trane van die boetvaar-