Page 266 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

262
DIE KONING VAN DIE EEUE
eerlank opgerig sou word, en te oordeel na die gebeurtenisse van die
oggend het hulle verwag dat ’n aankondiging daaromtrent nou sou
gemaak word. Die skare was ook verwagtend, en ernstige gesigte
was bewys van groot belangstelling. Toe die mense daar teen die
groen berghelling gesit en wag het op die woorde van die goddelike
Leraar, het hulle gedagtes gedink aan toekomstige heerlikheid. Daar
was skrifgeleerdes en Fariseërs wat uitgesien het na die dag wanneer
hulle gesag sou voer oor die gehate Romeine, en besitters sou wees
van die rykdom en glorie van die wêreld se groot ryk. Die arme
arbeiders en vissers het gehoop om die versekering te hoor dat hulle
armoedige krotte, die onvoldoende voedsel, die lewe van geswoeg, en
die vrees vir gebrek, vervang sou word deur wonings met oorvloed,
en dae van gemak. In die plek van die een growwe kleed wat hulle
bedags bedek en snags as kombers gedien het, het hulle gehoop
dat Christus hulle die duur gewaad van hulle veroweraars sou gee.
Alle harte het gebons met die trotse hoop dat Israel spoedig geëer
sou word voor die nasies as die uitverkorenes van die Here, en
dat Jerusalem verhef sou word as die hoofstad van ’n universele
koninkryk.
Christus het die hoop van wêreldse grootheid verydel. In die
Bergpredikasie het Hy probeer om die idees te vernietig wat deur ’n
valse opvoeding geskep is, en om aan Sy hoorders ’n regte begrip te
gee van Sy koninkryk en Sy eie karakter. Maar Hy het nie ’n reg-
streekse aanval op die dwalings van die volk gemaak nie. Hy het die
eilende van die wêreld gesien ten gevolge van die sonde, maar Hy
het nie reguit hulle haglike toestand aan hulle voorgestel nie. Hy het
n lewe aan hulle voorgehou, oneindig veel beter as wat hulle ooit
[300]
geken het. Sonder om hulle idees aangaande die koninkryk van God
te beveg, het Hy hulle vertel van die voorwaardes om die koninkryk
binne te gaan, en hulle gelaat om hulle eie gevolgtrekkings te maak
aangaande die aard daarvan. Die waarhede wat Hy geleer het, is vir
ons nie minder belangrik as vir die skare wat Hom gevolg het nie.
Net soos hulle, moet ons ook leer wat die grondbeginsels van die
koninkryk van God is.
Christus se eerste woorde aan die mense op die berg, was woorde
van seën. Salig is hulle, het Hy gesê, wat hulle geestelike armoede
besef en hulle behoefte aan verlossing voel. Die evangelie moet aan
die armes verkondig word. Nie aan diegene wat geestelik trots is,