Page 265 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Bergpredikasie
DIT was maar selde dat Christus Sy dissipels alleen laat vergader
het om Sy woorde te hoor. Hy het vir Sy gehoor nie net diegene
gekies wat die weg van die lewe geken het nie. Dit was Sy werk om
die menigtes te bereik wat onkundig was en dwaalleer gevolg het. Hy
het Sy lesse van waarheid gegee waar dit die verduisterde verstand
kon bereik. Hy self was die Waarheid, met heupe omgord. en hande
uitgestrek om te seën; met woorde van waarskuwing, smeking, en
bemoediging was Hy soekende om almal op te hef wat na Hom toe
wou kom.
Die Bergpredikasie, alhoewel dit spesiaal vir die dissipels was, is
gelewer ten aanhore van die skare. Na die ordening van die apostels,
is Jesus met hulle na die strand. Daar, in die vroeë more, het die
mense begin vergader. Behalwe die gewone skare van die Gahlese
dorpies, was daar mense van Judea, en selfs van Jerusalem; ook uit
Perea, Dekapolis, en Idumea ten suide van Judea; en van Tirus en
Sidon aan die kus van die Middellandse See. “Toe hulle hoor wat Hy
alles doen,” het hulle gekom “om Hom te hoor en van hulle kwale
genees te word; . . . omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het
almal gesond gemaak.” Markus 3: 8; Lukas 6: 17-19.
Die smal strook strand het nie eens genoeg staanplek gehád sodat
almal Hom kon hoor wat dit graag wou doen nie, en Jesus het weer
teruggegaan na die berghelling. Op ’n gelykte wat ’n goeie vergader-
[299]
plek was vir die groot skare, het Hy op die gras gaan sit, en die
dissipels en die skare het Sy voorbeeld gevolg.
Die dissipels het altyd langs Jesus gesit. Die mense het dig om
hulle saamgedring, maar die dissipels het verstaan dat hulle self nie
verdring moes word van Sy teenwoordigheid nie. Hulle het teen aan
Hom gesit sodat hulle al Sy woorde van onderrig kon hoor. Hulle
was aan- dagtige luisteraars, gretig om die waarhede te verstaan wat
hulle bekend moes maak aan alle lande en vir alle geslagte.
Met ’n gevoel dat iets buitengewoons sou gebeur, het hulle dig
saamgedring om hulle Meester. Hulle het geglo dat die koninkryk
261