Page 264 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

260
DIE KONING VAN DIE EEUE
deur geloof, en deur medewerking met die goddelike ontvang die
mens krag om goed te doen.
Hy wat die vissers van Galilea geroep het, roep vandag nog
mense tot Sy diens. En Hy is net so gewillig om Sy krag deur ons
te openbaar as deur die eerste dissipels. Hoe onvolmaak en sondig
ons ook is, bied die Here ons ’n vennootskap met Homself aan,
om leerlinge van Christus te word. Hy nooi ons uit tot goddelike
onderrig, dat ons, verenig met Christus, die werke van God mag
doen.
Ons het hierdie skat in erde kruike, sodat die voortreflikheid
van die krag mag wees van God en nie uit ons nie.” 2 Kor. 4: 7. Dit
is om hierdie rede dat die verkondiging van die evangelie toevertrou
is aan swakke mense liewer as aan die engele. Dit is duidelik dat
die krag wat deur die swakheid van mense werk, die krag van God
is; en so word ons bemoedig om te glo dat die krag wat ander kan
help wat net so swak as ons is, ook ons kan help. En diegene wat
self ook met swakheid bevange is,” behoort saam te voel met die
onwetendes en dwalendes. (Heb. 5: 2.) Omdat hulle self in die
gevaar was, is hulle bekend met die gevare en moeilikhede van die
weg, en om hierdie rede word hulle geroep om ander te red wat in
dieselfde gevaar verkeer. Hulle is siele verbyster deur twyfel, belas
met swakhede, swak in die geloof, nie in Staat om die Onsienlike
te begryp nie; maar ’n vriend wat hulle kan sien, wat na hulle kom
namens Christus, kan ’n skakel wees wat hulle swak geloof kan
vaskoppel aan Christus. Ons is werkers saam met die hemelse engele
[297]
om Jesus te verkondig aan die wêreld. Byna ongeduldig wag die
engele op ons samewerking; want die mens is die kanaal om in
aanraking te kom met mense. En wanneer ons ons aan Christus
oorgee in volkome toewyding, is die engele bly dat hulle met ons
stemme kan praat om Gods liefde te openbaar.
[298]