“
Hy het Twaalf Aan gestel”
259
einde in Sy beproewings gedeel, en die lesse van Sy lewe geleer.
Deur Christus te aanskou, is hulle karakters verander.
Die apostels het baie verskil in gewoontes en geaardheid. Daar
was die tollenaar Levi-Mattheus; die vurige Simon, onverbeterlike
hater van die Romeinse gesag; die groothartige, voortvarende Pe-
trus; die gemene judas; Thomas, opreg, maar bedees en vreesagtig;
Filippus, stadig om te glo en geneig tot twyfel; en die eersugtige,
reguit seuns van Sebedeus, met hulle broeders. Hulle is saamgebring
met hulle verskillende foute, almal met aangebore en aangeleerde
neigings tot die kwaad; maar in en deur Christus sou hulle almal
huisgenote word van die gesin van God, lerende om een te word
in die geloof, die leer, en die gees. Hulle sou hulle beproewings,
griewe, en verskille van opinie hê; maar solank Christus in hulle
harte woon, kon daar geen tweedrag wees nie. Sy liefde sou hulle lei
om mekaar lief te hê; die lesse van die Meester sou hulle in harmonie
bring met mekaar, tot eensgesindheid, sodat hulle eindelik van een
hart en een oordeel sou wees. Christus is die groot middelpunt, en
namate hulle nader aan die middelpunt kom, sou hulle ook nader
aan mekaar kom.
Toe Jesus Sy onderrig van die dissipels beëindig het, het Hy die
klompie om Hom vergader, en toe in hulle midde neergekniel, Sy
hande op hulle hoofde geplaas, en ’n gebed gedoen waarin Hy hulle
gewy het tot Sy heilige werk. So is die Here se dissipels georden tot
die evangeliebediening.
[296]
As Sy verteenwoordigers onder die mense, kies Christus nie
die engele wat nooit gesondig het nie, maar mense -— mense met
dieselfde swakhede as diegene wat hulle wil red. Christus het die
menslike vlees aangeneem sodat Hy die mensdom kon bereik. Die
Godheid moes die menslike vlees aanneem, want beide die goddelike
en die menslike was nodig om verlossing aan die wêreld te bring.
Die Godheid het die mensheid nodig gehad sodat die mensheid die
kanaal kon word vir gemeenskap tussen God en mens. So ook met
die werktuie en boodskappers van Christus. Die mens het behoefte
aan ’n krag buite en benewens homself om hom te herstel in die
ewebeeld van God, en hom in staat te stel om die werk van God te
doen; maar dit maak nie die menslike werktuig onnodig nie. Die
mensheid neem die goddelike krag beet, Christus woon in die hart