258
DIE KONING VAN DIE EEUE
Jesus het hom nooit hard bestraf vir sy hebsug nie, maar met
goddelike lydsaamheid het Hy hierdie sondige man verdra, selfs toe
Hy hom laat verstaan het dat Hy sy hart gelees het soos ’n ope boek.
Hy het aan hom die hoogste dryfvere voorgehou om reg te doen,
en deur sy verwerping van die lig van die Hemel sou Judas sonder
ver- skoning wees.
Pleks van in die lig te wandel, het Judas verkies om sy foute te
behou. Sondige begeertes, wraaksugtige drifte, duistere en kwaad-
aardige gedagtes is gekoester totdat die Satan volle beheer oor die
man gehad het. Judas het ’n verteenwoordiger van die vyand van
Christus geword.
Toe hy in aanraking met Jesus gekom het, het hy sommige goeie
karaktereienskappe gehad wat ’n seën vir die kerk kon geword het.
As hy gewillig sou gewees het om die juk van Christus op te neem,
kon hy een van die vernaamste apostels geword het; maar hy het sy
hart verhard toe hy op sy tekortkomings gewys is, en in hoogmoed
en rebellie het hy sy eie selfsugtige ambisie gekies en homself dus
onge- skik gemaak vir die werk wat God aan hom sou gegee het.
Al die dissipels het ernstige tekortkomings gehad toe Jesus hulle
tot Sy diens geroep het. Selfs Johannes, wat die naaste gekom het
aan. die nederige en sagmoedige Een, was self nie van nature sag-
moedig en toegeeflik nie. Hy en sy broer is genoem “seuns van die
donder.” Terwyl hulle by Jesus was, het elke belediging van Hom
hulle verontwaardiging en veglustigheid uitgelok. Boosaardigheid,
[295]
wraak, die gees van kritiek — dit alles was in die hart van die ge-
liefde dissipel. Hy was trots en eersugtig om die eerste plek in die
koninkryk van God in te neem. Maar dag na dag, in teenstelling met
sy eie opvlieënde gees, het hy die sagmoedigheid en verdraagsaam-
heid van Jesus gesien, en Sy lesse van nederigheid en lydsaamheid
gehoor. Hy het sy hart oopgemaak vir die goddelike invloed, en
het dus nie slegs ’n hoorder nie, maar ’n dader van die Heiland se
woorde geword. Hy het nou in Christus gelewe. Hy het geleer om
die juk van Christus op te neem en Sy las te dra.
Jesus het Sy dissipels bestraf, gewaarsku en vermaan; maar Jo-
hannes en Sy broeders het Hom nie verlaat nie; hulle het by Jesus
gebly ten spyte van die bestraffings. Die Heiland het Hom nie aan
hulle onttrek om rede hulle swakhede en foute nie. Hulle het tot die