“
Hy het Twaalf Aan gestel”
257
medewerking van die soort manne wat die dissipels graag wou hê,
sou die werk verraai in die hande van die gedugste vyande daarvan.
Toe Judas by die dissipels aangesluit het, was hy nie blind vir
die mooi karakter van Christus nie. Hy het die invloed gevoel van
die goddelike krag wat siele na die Heiland getrek het. Hy wat nie
gekom het om die geknakte riet te verbreek, of die dowwe lamppit
uit te blus nie, sou nie hierdie siel weier terwyl daar nog begeerte
is vir die lig nie. Die Heiland het die hart van Judas gelees; Hy het
geweet tot watter dieptes van sonde Judas sou daal as die genade van
God hom nie verlos nie. Deur hierdie man by Hom te laat aansluit,
het Hy hom geplaas waar hy dag na dag in aanraking sou kom met
die uitvloeiing van Sy eie onselfsugtige liefde. As hy sy hart aan
Christus sou open, sou goddelike genade die duiwel van selfsug
verjaag het, en selfs Judas mag dan ’n onderdaan van die koninkryk
van God word.
God neem mense soos hulle is, met die menslike elemente van
hulle karakter, en Hy lei hulle op vir Sy diens as hulle hulleself sal
onderwerp aan tug, en van Hom sal leer. Hulle word nie verkies om-
dat hulle volmaak is nie, maar ten spyte van hulle onvolmaakthede,
sodat hulle deur die kennis en uitlewing van die waarheid deur die
genade van Christus herskep kan word in Sy beeld.
Judas het dieselfde geleenthede gehad as die ander dissipels. Hy
het na dieselfde kosbare lesse geluister. Maar die uitlewing van die
waarheid wat Christus vereis het, was teenstrydig met die doel en
begeertes van Judas, en hy wou nie sy eie idees prysgee ten einde
[294]
wysheid van die hemel te ontvang nie.
Hoe sagmoedig’ het die Heiland gehandel teenoor hom wat Sy
verraaier sou word! In Sy leer het Jesus die beginsels van welda-
digheid beklemtoon wat juis die wortel van hebsug geraak het. Hy
het Judas die afgryslike karakter van hebsug voorgehou, en meer as
eenmaal het daardie dissipel besef dat sy eie karakter beskryf, en
sy eie sonde geopenbaar word; maar hy wou nie sy ongeregtigheid
bely en versaak nie. Hy was selfvoldaan, en pleks dat hy versoeking
weerstaan het, het hy aangehou met sy bedrog. Christus was vir hom
die lewende voorbeeld van wat hy sou word as hy gebaat het by die
goddelike middelaarskap en bediening; maar les na les het op die
dowe ore van Judas geval.