256
DIE KONING VAN DIE EEUE
die Vader, en dit is vir ons genoeg.” Joh. 14: 5-8. So stadig om te
verstaan, so swak in die geloof, was daardie dissipel wat vir drie jaar
by Jesus was.
In teenstelling met Filippus se ongeloof was die kinderlike ver-
troue van Natanael. Van nature was hy ’n baie ernstige man, iemand
wie se geloof die onsigbare werklikhede aangeneem het. Nogtans
was Filippus ’n leerling in die skool van Christus, en die goddelike
Leraar was geduldig met sy ongeloof en stompheid. Toe die Heilige
Gees op die dissipels uitgestort is, het Filippus ’n leraar na die god-
delike patroon geword. Hy het geweet waarvan hy gepraat het, en
hy het met ’n vertroue geleer wat sy hoorders oortuig het.
Terwyl Jesus die dissipels voorberei het vir hulle ordening, het
iemand wat Hy nie geroep het nie, hom by hulle kom indring. Dit
was Judas Iskariot, ’n man wat voorgegee het dat hy ’n navolger van
Christus was. Hy het nou na vore gekom en ’n plek gesoek in die
binneste kring van die dissipels. Met die grootste erns en skynbare
opregtheid het hy gesê, “Meester, ek sal U volg waar U ook mag
gaan.” Jesus het hom nie geweier nie, maar ook nie verwelkom nie,
maar het daardie treurige woorde geuiter: “Die jakkalse het gate en
die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen
plek waar Hy Sy hoof kan neerlê nie.” Matt. 8: 19, 20. Judas het
geglo dat Jesus die Messias was, en deur by die apostels aan te sluit,
het hy gehoop om ’n hoë posisie in die nuwe koninkryk te kry. Jesus
wou hom ontnugter deur hierdie verklaring van Sy armoede.
[293]
Die dissipels wou graag hê dat Judas een van hulle moes word.
Hy het ’n goeie voorkoms gehad, ’n man van insig en bekwaamheid,
en hulle het hom by Jesus aanbeveel as iemand wat van groot hulp
vir Hom sal wees in Sy werk. Hulle was verbaas dat Jesus hom so
koel ontvang het.
Die dissipels was teleurgestel dat Jesus nie probeer het om die
medewerking van die leiers van Israel te verkry nie. Hulle het gevoel
dat dit ’n fout was dat Hy nie Sy saak versterk het deur die steun van
daardie invloedryke manne te verkry nie. As Hy Judas botweg sou
geweier het, sou hulle in hulle harte getwyfel het aan die wysheid
van hulle Meester. Die latere geskiedenis van Judas sou aan hulle
die gevaar openbaar om toe te laat dat wêreldse beweegredes hulle
beïnvloed in die keuse van geskikte manne vir die werk van God. Die