“
Hy het Twaalf Aan gestel”
255
en Mattheus was meer intiem met Hom verbind as die ander, en hulle
het meer van Sy wonderwerke gesien. Petrus, Jakobus, en Johannes
het nog nader aan Hom gestaan. Hulle was feitelik gedurig by Hom,
en het Sy wonderwerke gesien en Sy woorde gehoor. Maar Johannes
was nog nader aan Jesus as al die ander, sodat hy bekend was as
die dissipel wat Jesus liefgehad het. Die Heiland het hulle almal
liefgehad, maar Johannes het die mees ontvanklike gees gehad. Hy
was jonger as die ander, en met die vertroue van ’n kind het hy sy
hart aan Jesus geopen. Hy het dus meer simpatie met Christus gehad,
en deur hom is die Heiland se diepste geestelike leer aan Sy volk
meegedeel.
Aan die hoof van een van die groepe waarin die dissipels verdeel
word, staan die naam van Filippus. Hy was die eerste dissipel aan
wie Jesus regstreeks die bevel gegee het, “Volg My. Filippus was
van Betsaida, die stad van Andreas en Petrus. Hy het die prediking
van Johannes die Doper gehoor, en gehoor toe hy Christus as die
Lam van God aangekondig het. Filippus was ’n opregte soeker na
waarheid, maar hy was stadig om te glo. Alhoewel hy by Christus
aan- gesluit het, blyk uit wat hy aan Natanael gesê het dat hy nie ten
volle oortuig was van die godheid van Jesus nie. Hoewel Christus as
die Seun van God deur die stem uit die hemel aangekondig is, was
Hy vir Filippus “Jesus, die seun van Josef van Nasaret.” Joh. 1:46. En
weer, toe die vyfduisend gevoed is, is Filippus se ongeloof getoon.
Dit was om hom te toets dat Jesus gevra het, “Waarvandaan sal ons
brood koop, sodat hierdie mense kan eet?” Filippus se antwoord het
[292]
ongeloof getoon: “Brood vir tweehonderd pennings sal nie genoeg
wees vir hulle, sodat elkeen van hulle ’n stukkie kan kry nie.” Joh.
6: 5, 7.
Jesus was teleurgestel. Alhoewel Filippus Sy werke gesien
en Sy krag gevoel het, het hy nogtans nie geloof gehad nie. Toe
die Grieke kom navraag doen het aangaande Jesus, het hy nie van
die geleentheid gebruik gemaak om hulle aan die Heiland voor te
stel nie, maar hy het met Andreas gaan praat. En weer, in die laaste
ure voor die kruisiging, was die woorde van Filippus van ’n aard
om geloof te ontmoedig. Toe Thomas aan Jesus gesê het, “Here,
ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?” het
die Heiland geantwoord, “Ek is die weg en die waarheid en die
lewe. ... As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het.”
Van Filippus het die woorde van ongeloof gekom: “Here, toon ons