254
DIE KONING VAN DIE EEUE
graag die mense rondom Hom laat vergader onder die bloue hemel,
teen die een of ander groen berghelling, of op die strand langs die
meer. Daar, omring van Sy eie skeppingswerke, kon Hy die gedagtes
van Sy hoorders aftrek van die kunsmatige en vestig op die natuur-
like. In die groei en ontwikkeling van die natuur is die beginsels van
Sy koninkryk geopenbaar. Waar mense hulle oë ophef na die berge
van God en die wonderwerke van Sy hande sien, leer hulle kosbare
lesse van goddelike waarheid. Christus se leer sou vir hulle herhaal
word in die dinge van die natuur. So sal dit wees met almal wat na
die velde gaan met Christus in hulle hart. Hulle sal voel dat hulle
omring is van ’n heilige invloed. Die dinge van die natuur neem
die gelyke- nisse van die Here op en herhaal Sy raadgewings. Deur
gemeenskap met God in die natuur, word die gemoed verhef en vind
die hart rus.
Die eerste stap sou nou gedoen word in die organisering van die
kerk wat ná Christus se hemelvaart sy verteenwoordiger op die aarde
sou wees. Halle het geen duur tempel gehad nie, maar die Heiland
het Sy dissipels gelei na die plekkie wat Hy liefgehad het, en die
heilige ondervinding van daardie dag sou vir altyd verbonde bly aan
die skoonheid van berg, vlakte, en see.
Jesus het Sy dissipels geroep sodat Hy hulle kon uitstuur as Sy
getuies, om aan die wêreld te verkondig wat hulle van Hom gesien
en gehoor het. Hulle is tot die belangrikste werk geroep waartoe
mens ooit geroep kan word — alleen die werk van Christus self
was van groter belang. Hulle moes medewerkers van God word
vir die redding van die wêreld. Soos die twaalf patriarge in die Ou
[291]
Testament staan as die verteenwoordigers van Israel, so sou die
twaalf apostels staan as verteenwoordigers van die evangeliekerk.
Die Heiland het die karakter geken van die manne wat Hy gekies
het; al hulle swakhede en foute was oop voor Hom; Hy het die gevare
geken wat hulle sou moes trotseer, die verantwoordelikheid wat op
hulle sou rus; en Sy hart het uitgegaan tot hierdie gekosenes. Alleen
op ’n berg naby die see het Hy die hele nag vir hulle gebid terwyl
hulle aan die voet van die berg geslaap het. Toe dit begin lig word,
het Hy hulle na Hom toe geroep, want Hy het iets baie belangriks
gehad om aan hulle mee te deel.
Vir ’n tyd reeds het hierdie dissipels aktief saam met Jesus ge-
werk. Johannes, Jakobus, Andreas en Petrus, met Filippus, Natanael,