Page 257 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Hy het Twaalf Aan gestel”
EN Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy
wou hê, en hulle het na Hom gekom. En Hy het twaalf aangestel,
sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te
preek.”
Dit was onder die skaduryke bome teen die berghelling, n endjie
van die See van Galilea af, dat die twaalf geroep is tot die apostel-
skap, en daar is die Bergpredikasie gelewer. Die veld en die berge
was geliefkoosde plekke waarheen Jesus gegaan het, en n groot deel
van Sy prediking het in die opelug geskied liewer as in die tempel
en die sinagoges. Geen sinagoge sou groot genoeg gewees het om
die skares op te neem wat Hom gevolg het nie; maar dit was nie
om hierdie rede alleen dat Hy graag in die veld en onder die bome
geleer het nie. Jesus was lief vir natuurtonele. Vir Hom was elke stil
plekkie n heilige tempel.
Dit was onder die bome van Eden waar die eerste aardbewoners
hulle eerste heiligdom gehad het. Daar het Christus gemeenskap
gehou met die vader van die menslike geslag. Toe hulle uit die
Paradys verban is, het ons eerste ouers nog in die veld, en onder die
[290]
bome aanbid, en daar het Christus hulle ontmoet met die evangelie
van Sy genade.
Dit was Christus wat met Abraham gepraat het onder die eike
van Mamre; met Isak toe hy in die aand gaan bid het in die veld;
met Jakob by Betel; met Moses in die berge van Midian; en met
die jong seun Dawid agter sy skape. Dit was onder die leiding van
Christus, vyftien eeue later, dat die Hebreeuse volk eenmaal per
jaar hulle wonings verlaat het en in hutte van groen takke gewoon
het, “van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en
rivierwilgers.” Lev. 23: 40.
In die opleiding van Sy dissipels, het Jesus verkies om Hom te
onttrek uit die rumoer van die stede, en te gaan na die vreedsame
velde en berge — plekke wat sou pas by die lesse van selfverloëning
wat Hy hulle graag wou leer. En gedurende Sy bediening het Hy
253