Page 256 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

252
DIE KONING VAN DIE EEUE
Sabbat gegee aan almal wat deur Christus deel word van die Israel
van God.
En die Here sê, “As jy jou voet terughou van die Sabbat — om
nie jou besigheid op My heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat
n verlustiging noem en die heilige dag van die Here eerwaardig, ...
dan sal jy jou verlustig in die Here.” Jes. 58: 13, 14. Vir almal wat
die Sabbat aanneem as ’n teken van Christus se skeppingskrag en
Sy verlossing, sal dit ’n verlustiging wees. Deur Christus daarin te
sien, sal hulle hulleself in Hom verlustig. Die Sabbat verwys na Sy
skeppingswerk as bewys van Sy groot verlossingskrag. Terwyl dit
herinner aan die verlore vrede van Eden, spreek dit van herstelde
vrede in Christus. En elke voorwerp in die natuur herhaal Sy uitno-
diging, “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal
julle rus gee.” Matt. 11: 28.
[289]