Page 255 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Sabbat
251
gedoen word. Deur sy verbintenis met dwaalleer het die waarheid
die saak van die vyand van God en mens gedien. Christus het gekom
om dit te stel waar dit God sou verheerlik en die verlossing van die
mens sou bewerkstellig.
Die Sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die Sabbat
nie,” het Jesus gesê. Die instellings van God is vir die voordeel van
die mensheid. “Dit is alles om julle ontwil.” “Of dit Paulus is, of
Apollos of Sefas of die wêreld of lewe of dood of teenwoordige of
toekomstige dinge — alles behoort aan julle; maar julle behoort aan
Christus, en Christus aan God.” 2 Kor. 4: 15; 1 Kor. 3: 22, 23. Die
wet van Tien Gebooie, waarvan die Sabbat ’n deel uitmaak, het God
aan Sy volk gegee om ’n seën te wees. “Die Here het ons beveel,” het
Moses gesê, “om al hierdie insettinge te volbring om die Here onse
[288]
God te vrees, dat dit met ons altyd goed gaan, om ons in die lewe
te hou soos dit vandag is.” Deut. 6: 24. En deur die psalmis is die
volgende boodskap aan Israel gegee: “Dien die Here met blydskap;
kom voor Sy aangesig met gejubel! Erken dat die Here God is: Hy
het ons gemaak, en ons is Syne, Sy volk en die skape van Sy weiding.
Gaan Sy poorte in met lof, Sy voorhowe met lofgesang.” Ps. 100:
2-4.
En van almal “wat die Sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig
nie,” sê die Here, “Hulle sal Ek bring na My heilige berg, en Ek sal
hulle vreugde laat smaak in My huis van gebed.” Jes.56: 6, 7.
Daarom is die Seun van die mens Here ook van die Sabbat.”
Hierdie woorde is leersaam en vol vertroosting. Omdat die Sabbat
vir die mens gemaak is, is dit die dag van die Here. Dit behoort
aan Christus. Want “alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder
Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.” Joh. 1:3. As
Hy alle dinge gemaak het, het Hy ook die Sabbat gemaak. Deur
Hom is dit geheilig as gedenkteken van die Skepping. Dit verwys na
Hom as beide Skepper en Heiligmaker. Dit verklaar dat Hy wat alle
dinge gemaak het in die hemel en op die aarde, en wat alle dinge
in stand hou, die hoof van die kerk is, en dat ons deur Sy krag met
God versoen is. Want, van Israel sprekende, het Hy gesê, “Daarby
het Ek ook My Sabbatte aan hulle gegee om ’n teken te wees tussen
My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die Here, is wat hulle
heilig,”—hulle heilig maak. Eseg. 20: 12. Die Sabbat is die teken
van Christus se krag om ons heilig te maak. En dit is gegee aan almal
wat Christus heilig maak. As teken van Sy heiligmakende krag is die