250
DIE KONING VAN DIE EEUE
Christus, en dit leer dat ons moet sorg vir die mens in sy behoeftes
en eilende. Die Here sê, “Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn
goud, en mense as goud van Ofir.” Jes. 13: 12.
Toe Jesus die vraag aan die Fariseërs gestel het of dit geoorloof is
om goed of kwaad te doen op die Sabbat, om ’n siel te red of dood te
maak, het Hy hulle te staan gebring voor hulle eie bose be- doelings.
Hulle was besig om op Hom jag te maak met ’n bittere haat, terwyl
Hy besig was om die lewens van ander te red en blydskap te bring
aan die skare. Was dit beter om dood te maak op die Sabbat, soos
hulle wou doen, as om die sieke te genees soos Hy nou gedoen het?
Was dit meer regverdig om moord in hulle hart te bedink op Gods
heilige dag as om alle mense lief te hê, soos bewys word deur dade
van barmhartigheid?
[287]
In die genesing van die verdorde hand, het Jesus die gebruik
van die Jode veroordeel, en Hy het die vierde gebod laat staan soos
God dit gegee het. “So is dit dan op die Sabbat geoorloof om goed
te doen,” het Hy gesê. Deur die onsinnige bepalings van die Jode
weg te veeg, het Christus die Sabbat vereer, terwyl diegene wat Hom
beskuldig het, in werklikheid Gods heilige dag onteer het.
Diegene wat beweer dat Christus die wet afgeskaf het, leer dat
Christus die Sabbat verontheilig en Sy dissipels geregverdig het
waar hulle dit ook gedoen het. Hulle neem dus feitelik dieselfde
standpunt in as die vitterige Jode. Daardeur weerspreek hulle die
getuienis van Christus self, toe Hy gesê het dat Hy die gebooie van
Sy “Vader bewaar en in Sy liefde bly.” Joh. 15: 10. Nòg die Heiland
nòg Sy navolgers het die wet van die Sabbat oortree. Christus was
’
n lewende verteenwoordiger van die wet. Nooit eenmaal het Hy
die heilige voorskrifte daarvan in Sy lewe oortree nie. Die volk
wat gedurig gesoek het na iets waarvoor hulle Hom kon veroordeel,
het Hy uit- gedaag met die woorde, “Wie van julle oortuig My van
sonde?” Joh. 8: 46.
Die Heiland het nie gekom om tot niet te maak wat die patriarge
en profete gespreek het nie; want dit was Hy self wat deur hierdie
manne gespreek het. Al die waarhede van Gods Woord het van Hom
gekom. Maar hierdie kostelike kleinode is vals voorgestel. Hulle
kosbare lig is gebruik om dwaalleer te bevorder. God wou hê dat
hulle uit daardie valse rame geneem, en in die raam van die waarheid
geplaas moes word. Hierdie werk kon alleen deur ’n goddelike hand