Die Sabbat
249
Op ’n ander Sabbat, toe Jesus die sinagoge binnegaan, het Hy
daar ’n man gesien met ’n verdorde hand. Die Fariseërs het Hom
dop- gehou, gretig om te sien wat Hy sou doen. Die Heiland het
goed geweet dat as Hy op die Sabbat sou genees, hulle Hom as ’n
oortreder sou beskou, maar Hy het nie geaarsel om die muur van
tradisionele bepalings wat die Sabbat belemmer het, af te breek nie.
Jesus het die siek man beveel om op te staan, en toe het Hy gevra:
“
Is dit geoorloof om op die Sabbat goed of kwaad te doen, ’n siel
te red of dood te maak?” Dit was ’n reël van die Jode dat dit sonde
was om nie goed te doen as mens die geleentheid daartoe het nie;
om na te laat om ’n lewe te red, was om ’n siel dood te maak. So het
Jesus die rabbi’s met hulle eie wet getroef. “Maar hulle het stilgebly.
En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het, en tegelykertyd
bedroef was oor die hardheid van hulle harte, sê Hy vir die man:
[286]
Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel,
gesond soos die ander een.” Markus 3:4, 5.
Toe aan Hom gevra is: “Is dit geoorloof om op die Sabbat gesond
te maak?” het Jesus geantwoord, “Watter mens van julle sal daar
wees wat een skaap het, en as dit op die Sabbat in ’n sloot val, dit
nie sal gryp en uithaal nie? Hoeveel meer is n mens dan nie werd as
n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die Sabbat goed te doen.”
Matt. 12: 10-12.
Die spioene het dit nie gewaag om Christus in die teenwoor-
digheid van die skare te antwoord nie, want hulle het gevrees dat
hulle miskien in die moeilikheid kon kom. Hulle het geweet dat Hy
die waarheid gepraat het. Liewer as om hulle tradisies te oortree,
sou hulle n man laat ly terwyl hulle ’n dier sou red omdat dit ’n
verlies vir die eienaar sou wees om hom te laat dood gaan. So was
hulle dan meer besorg oor ’n stomme dier as oor ’n mens wat in
die beeid van God geskape is. Hier het ons ’n illustrasie van hoe
alle valse godsdienste werk. Hulle het hulle ontstaan in die mens
se begeerte om homself te verhef bokant God, maar hulle uitwer-
king is om die mens te verlaag tot minder as ’n stomme dier. Elke
godsdiens wat in stryd is met die soewereiniteit van God, beroof die
mens van die heerlikheid wat syne was by die skepping, en wat weer
herstel sal word in Christus. Elke valse godsdiens leer sy volgelinge
om nalatig te wees wat betref menslike behoeftes, lyding, en regte.
Die evangelie skat die mens baie hoog, gekoop deur die bloed van