Page 252 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

248
DIE KONING VAN DIE EEUE
As dit reg was vir Dawid om sy honger te stil deur die heilige
toonbrode te eet, dan was dit ook reg vir die dissipels om van die are
te pluk en te eet op die heilige ure van die Sabbat. En dan weer het
die priester harder gewerk op die Sabbatdag as op enige ander dag.
As dit gewone sekulêre werk was, sou sulke werk sonde gewees het;
maar die priesters het die werk verrig in die diens van God. Hulle
was besig met die rituaal wat gewys het op die verlossende krag van
Christus, en hulle werk het nie die Sabbat geskend nie. Maar nou
het Christus self gekom. Die dissipels, deur die werk van Christus te
doen, was met Gods werk besig, en wat nodig was om daardie werk
te doen, kon ook op die Sabbat gedoen word.
Christus wou Sy dissipels en Sy vyande leer dat die diens van
God eerste kom. Die doel van Gods werk op die aarde is die verlos-
sing van die mens; enigiets wat dus op die Sabbat gedoen moet word
[285]
in verband met daardie werk, kan nie die wet van die Sabbat skend
nie. Jesus het toe Sy argument beklink deur te verklaar dat Hy “Here
ook van die Sabbat” is — Iemand wat heeltemal bokant die wet
gestaan het. Hierdie ewige Regter het die dissipels vryge- spreek van
blaam deur Hom te beroep op die wette wat hulle dan sou oortree
het.
Jesus het nie die saak laat verbygaan sonder ’n bestraffing van
Sy vyande nie. Hy het gesê dat hulle in hulle blindheid ’n verkeerde
begrip van die doel van die Sabbat gehad het. Hy het gesê: “Maar
as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en
nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie.”
Matt. 12: 7. Hulle baie meedoënlose rites kon nie die gebrek aan
opregtheid en tere liefde toesmeer wat altyd die opregte aanbidder
van God sal kenmerk nie.
Weer het Christus die waarheid beklemtoon dat offerandes op
sig- self geen waarde het nie. Hulle is die middel, maar nie die doel
nie. Hulle doel is om die aandag van die mense op die Heiland te
vestig en hulle aldus in ooreenstemming met God te bring. Dit is
liefdesdiens wat God waardeer. As dit ontbreek, dan is ’n gewone
reeks seremonies net ’n aanstoot vir Hom. So is dit ook met die
Sabbat. Die doel daarvan is om die mens in gemeenskap met God te
bring; maar wanneer die hart in beslag geneem is deur vermoeiende
rites, word die doel van die Sabbat verydel. Die blote uiterlike viering
daarvan is waardeloos.