Page 251 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Sabbat
247
te ruim. Alhoewel die rabbi’s Hom met ongenadige vyandigheid
agtervolg het, het Hy nooit die skyn gegee dat Hy aan hulle vereistes
voldoen het nie, maar Hy het voortgegaan om die Sabbat te hou
volgens die wet van God.
Op die Sabbatdag, toe die Heiland en Sy dissipels van die plek
van aanbidding gekom het, moes hulle deur ’n koringland gaan. Jesus
het tot laat gewerk, en terwyl hulle deur die koringlande geloop het,
het die dissipels van die are gepluk en in hulle hande uitgevryf sodat
hulle die korrels kon eet. Op enige ander dag sou hierdie daad geen
kommentaar uitgelok het nie, want iemand wat deur n graanland,
tuin, of wingerd geloop het, was geregtig om te pluk wat hy wou
eet. (Sien Deut. 23: 24, 25.) Maar om dit op die Sabbat te doen, is
beskou as ’n daad van ontheiliging. Nie alleen was die pluk van die
graan as ’n soort van oes beskou nie, maar om dit met die hande
uit te vryf, is as dors beskou. Daar was dus, in die oordeel van die
[284]
rabbi’s, ’n dubbele oortreding gepleeg.
Dadelik het die spioene by Jesus gekla, “Kyk, U dissipels doen
wat nie geoorloof is om op die Sabbat te doen nie.”
Toe Hy te Betesda van Sabbatskending beskuldig is, het Jesus
Homself verdedig deur te beklemtoon dat Hy die Seun van God is
en dat Hy saam met Sy Vader gewerk het. Maar nou dat Sy dissipels
beskuldig is, het Hy voorbeelde uit die Ou Testament aangehaal van
dade wat op die Sabbat gedoen is deur diegene wat in die diens van
God was.
Die Joodse leiers het gespog met hulle kennis van die Skrifte, en
die antwoord wat die Heiland hulle gegee het, was ’n bestraffing van
hulle onkunde aangaande die Heilige Skrif. “Het julle dan nie dit
gelees,” het Hy gevra, “wat Dawid gedoen het nie — toe hy honger
gehad het, hy en die wat by hom was—hoe hy in die huis van God
gegaan en die toonbrode geneem en geëet het, . . . wat hulle nie
geoorloof was om te eet nie, maar net die priesters alleen?” “En Hy
sê vir hulle: Die Sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die
Sabbat nie.” “Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op
die Sabbat in die tempel die Sabbat ontheilig en onskuldig is nie? En
Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier. . . . Die Seun
van die mens is Here ook van die Sabbat.” Lukas 6: 3, 4; Markus 2:
27, 28;
Matt. 12: 5, 6, 8.