Page 250 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

246
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die Sabbat is nie slegs aan Israel gegee nie, maar aan die hele
wêreld. Dit is aan die mens in Eden bekendgemaak, en, soos die
ander gebooie van die Dekaloog, is die verpligting daarvan ewig-
durend. Van die wet waarvan die vierde gebod deel uitmaak, het
Christus gesê, “Totdat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een
jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan” nie. Solank as die
hemele en die aarde voortbestaan, sal die Sabbat blystaan as n teken
van die Skepper se krag. Wanneer Eden weer op die aarde sal wees,
sal Gods heilige rusdag deur almal onder die son geëerbiedig word.
Elke week op die Sabbat” sal die bewoners van die verheerlikte
nuwe aarde “kom om te aanbid voor My aangesig, sê die Here.”
Matt. 5: 18; Jes 66: 23.
Geen ander instelling aan die Jode gegee, het hulle so volkome
onderskei van die nasies rondom hulle soos die Sabbat nie. Dit was
Gods doel dat die viering van die Sabbat hulle sou aanwys as diegene
[283]
wat Hom aanbid het. Dit sou die teken wees van hulle verwydering
van afgodediens, en van hulle verbintenis met die ware God. Maar
om die Sabbat te kan heilig moet die mense self heilig wees. Deur
die geloof moet hulle die geregtigheid van Christus deelagtig word.
Toe die gebod aan Israel gegee is, “Dink aan die Sabbatdag, dat jy dit
heilig,” het die Here ook aan hulle gesê, “Julie moet vir My heilige
mense wees.” Exod. 20: 8; 22: 31. Alleen op hierdie wyse sou die
Sabbat Israel onderskei as die aanbidders van God.
Namate die Jode van God afgedwaal en in gebreke gebly het
om die geregtigheid van Christus deur die geloof aan te neem, het
die Sabbat sy betekenis vir hulle verloor. Die Satan het gestreef om
homself te verhef en die mense weg te trek van Christus, en hy het
hom beywer om die Sabbat te verdraai omdat dit die teken is van
die krag van Christus. Die Joodse leiers het die wil van die Satan
gedoen deur Gods rusdag met moeilike vereistes te belemmer. In die
dae van Christus was die Sabbat so verdraai dat die viering daarvan
die karakter van selfsugtige, eiesinnige mense geopenbaar het liewer
as die karakter van ’n liefdevolle hemelse Vader. Die rabbi’s het God
werklik voorgestel as iemand wat wette gegee het wat die mense
onmoontlik kon gehoorsaam. Hulle het die mense gelei om God te
beskou as n tiran, en om te dink dat die viering van die Sabbat soos
Hy dit voorgeskryf het, mense hard en wreed gemaak het. Dit was
die werk van Christus om hierdie verkeerde begrippe uit die weg