Page 249 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Sabbat
245
Want U het my bly gemaak, Here, deur U dade;
Ek jubel oor die werke van U hande.
Hoe groot is U werke, o Here;
Baie diep is U gedagtes.”
En die Heilige Gees sê deur die profeet Jesaja: “By wie wil julle
dan God vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel? . . . Weet
julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend
gemaak nie? Het julle op die fondamente van die aarde nie gelet
nie? Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is
soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ’n dun doek en sprei
dit uit soos ’n tent om in te woon. . . . By wie sal julle My dan
vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige. Slaan julle oë op
in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle
leërskare uit- trek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam,
vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë
is: daar word nie een gemis nie. Waarom sê jy dan, o Jakob, en
spreek jy, o Israel: My weg is vir die Here verborge, en my reg gaan
by my God verby? Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie?
n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie. ... Hy gee die vermoeide krag en
vermenigvuldig sterkte vir die wat geen krag het nie.” “Wees nie
bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek
is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou
met My reddende regterhand.” “Wend julle tot My en laat julle red,
[282]
alle eindes van die aarde! want Ek is God, en daar is geen ander nie.”
Dit is die boodskap wat in die natuur geskryf is, en wat die Sabbat in
gedagtenis moet bring. Toe die Here Israel beveel om Sy Sabbatte te
heilig, het Hy gesê: “Hulle sal ’n teken wees tussen My en julle, dat
julle kan weet dat Ek die Here julle God is.” Jes. 40:18-29; 41:10;
45:22;
Eseg. 20:20.
Die Sabbat is opgeneem in die wet wat op Sinai gegee is, maar
dis nie toe vir die eerste maal bekendgemaak as ’n rusdag nie. Die
volk van Israel was daarmee bekend vóór hulle by Sinai gekom het.
Op weg daarheen is die Sabbat gevier. Toe sommige dit ontheilig
het, het die Here hulle bestraf deur te sê, “Hoelank weier julle om
My gebooie en My wette te onderhou?” Exod. 16: 28.