Page 248 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Sabbat
DIE Sabbat is by die skepping geheilig. Dit is vir die mens
verordineer “toe die moresterre saam gejubel en al die seuns van
God gejuig het.” Job 38: 7. Vrede het oor die wêreld geheers, want
die aarde was in harmonie met die hemel. “Toe sien God al wat Hy
gemaak het en — dit was baie goed;” en Hy het gerus in die vreugde
van Sy voltooide werk. Gen. 1: 31.
God het, omdat Hy op die Sabbat gerus het, “die sewende dag
geseën en dit geheilig”— dit wil sê: Hy het dit afgesonder vir ’n
heilige doel. Hy het dit aan Adam gegee as ’n rusdag. Dit was ’n
gedenkteken van die skeppingswerk, en dus ’n teken van Gods krag
en van Sy liefde. Die Skrif sê, “Hy het vir Sy wonders ’n gedagtenis
gestig.” “Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld
af in Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige
krag en goddelikheid.” Gen. 2:3; Ps. 111: 4; Rom. 1: 20.
Alle dinge is deur die Seun van God geskape. “In die begin was
die Woord, en die Woord was by God. . . . Alle dinge het deur Hom
ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het
nie.” Joh. 1: 1-3. En aangesien die Sabbat ’n gedenkteken is van die
skeppingswerk, is dit ’n teken van die liefde en krag van Christus.
[281]
Die Sabbat vestig ons gedagtes op die natuur, en bring ons in
ge- meenskap met die Skepper. In die sang van die voëltjies, die
gesug van die wind in die bome, en in die musiek van die see kan ons
nog die stem hoor van Hom wat met Adam en Eva in Eden gepraat
het “terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie.” En waar ons
Sy krag in die natuur sien, word ons vertroos, want die woord wat
alle dinge geskape het, is ook die wat lewe tot die siel spreek. “Want
God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy
wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis
van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.”
Kor. 4: 6.
Dit was hierdie gedagte wat die lied geïnspireer het:
244