22
DIE KONING VAN DIE EEUE
Verlosser van die sonde. Filosowe het die misterie van die Hebreeuse
ekonomie probeer peil, maar die bekrompenheid van die Jode het
die verspreiding van die lig belet. Vasbeslote om die skeiding tussen
[29]
hulle en die nasies te handhaaf, was hulle onwillig om die kennis
mee te deel wat hulle nog gehad het aangaande die simboliese diens.
Die ware Leraar moes kom; die Een wat die teenbeeid was van al
die tipes, moes hulle kom verklaar.
Deur die natuur, deur tipes en simbole, deur patriarge en profete,
het God tot die wêreld gespreek. Die lesse aan die mensdom moes
gegee word in die taal van die mens. Die Boodskapper van die
Verbond moes praat. Sy stem moes gehoor word in Sy eie tempel.
Christus moes kom en woorde spreek wat duidelik en reg verstaan
kon word. Hy, die bron van die waarheid, moes die waarheid skei
van die menslike kaf wat dit kragteloos gemaak het. Die beginsels
van Gods regering en verlossingsplan moes duidelik gestel word.
Die lesse van die Ou Testament moes duidelik aan die mense gestel
word.
Onder die Jode was daar nog opregte siele, nasate van daardie
heilige geslag deur wie die kennis van God bewaar gebly het. Hulle
het nog uitgesien na die vervulling van die belofte aan die vaders
gegee. Hulle het hulle geloof versterk deur die versekering van
Moses: “Die Here julle God sal vir julle ’n profeet verwek uit julle
broers net soos ek is; na hom moet julle luister volgens alles wat Hy
met julle sal spreek.” Hand. 3: 22. Verder het hulle gelees hoe God
iemand sou salf om “’n blye boodskap te bring aan die sagmoediges,”
“
om te verbind die gebrokene van hart, om vir die gevangene ’n
vrylating uit te roep . . . om uit te roep ’n jaar van die welbehae van
die Here.” Jes. 61:1, 2. Hulle het gelees hoe Hy “die reg op aarde”
sal grond, hoe “die eilande wag op Sy leer” en hoe die nasies sal
kom na Sy lig en konings na Sy glans. (Jes. 42: 4; 60: 3.)
Die sterwenswoorde van Jakob het hulle nog met hoop vervul:
“
Die septer sal van Juda nie wyk nie, nog die veldheerstaf tussen sy
voete uit totdat Silo kom.” Gen. 49: 10. Die tanende mag van Israel
het getuig dat die koms van die Messias naby was. Die profesie
van Daniël het die glorie geskilder van Sy regering oor ’n ryk wat
die aardse koninkryke sou opvolg, en die profeet het gesê dat dit
“
in ewigheid nie vernietig sal word nie.” Dan. 2:44. Hoewel maar
’
n paar die aard van Christus se sending verstaan het, was daar ’n