Page 25 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Volheid van die Tyd”
21
regering. Een taal is byna algemeen gepraat en is orals erken as
die taal van die letterkunde. Uit alle lande het die Jode van die
verstrooiing te Jerusalem vergader vir die jaarlikse feeste. Wanneer
hulle weer na hulle woonplekke teruggegaan het, kon hulle oor die
wêreld die boodskap versprei van die Messias se koms.
In daardie tyd ook het die heidense stelsels hulle houvas op die
volk begin verloor. Die mense was sat van die optogte en fabels.
Hulle het verlang na ’n godsdiens wat die hart kon bevredig. Hoewel
dit geskyn het of die lig van die waarheid gewyk het van die mense,
was daar siele wat gesoek het na lig en wat in verbystering en droef-
heid verkeer het. Hulle het gedors na ’n kennis van die lewende God,
en na sekerheid van ’n lewe anderkant die graf.
Namate die Jode van God afgedwaal het, het hulle geloof verflou,
en hulle het byna geen hoop meer gehad vir die toekoms nie. Die
woorde van die profete het hulle nie verstaan nie. Vir die massas van
die volk was die dood ’n gevreesde misterie; oorkant die graf was
onsekerheid en duisternis. Dit was nie alleen die geween van die
moeders van Betlehem wat na die profeet gekom het op die wieke
van die eeue nie, maar die angskreet van die mensheid — die stem
wat uit Rama gehoor is, “rouklag en geween en groot gekerm; Ragel
beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar
[28]
nie meer is nie.” Matt.- 2: 18. “In die land van die skaduwee van
die dood,” het die mense troosteloos gesit. Met verlangende oë het
hulle uitgesien na die koms-van die Verlosser, wanneer die duisternis
verdryf en die verborgenheid van die toekoms verklaar sou word.
Buite die Joodse nasie was daar manne wat die koms van ’n
goddelike leraar voorspel het. Hierdie mense het gesoek na die
waarheid, en aan hulle is die Gees van Inspirasie gegee. Die een na
die ander, soos sterre aan ’n donker hemeltrans, het sulke leraars
verrys. Hulle profetiese woord het hoop laat ontvlam in die harte
van duisende in die heidenwêreld.
Vir honderde jare reeds was die Skrifte vertaal in Grieks wat
toe algemeen oor die Romeinse Ryk gepraat is. Die Jode is orals
verstrooi, en hulle verwagting van die Messias se koms was in ’n
mate ook die verwagting van die heidene. Onder diegene wat deur
die Jode as heidene beskou is, was daar manne wat ’n beter begrip
gehad het van die Skrifte aangaande die Messias as die leraars
van Israel. Daar was sommige wat gehoop het op Sy koms as ’n