Page 24 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Volheid van die Tyd”
TOE die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun uitge-
stuur, . . . om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die
aanneming tot kinders kan ontvang.” Gal. 4: 4, 5.
Die Verlosser se koms is in Eden voorspel. Toe Adam en Eva die
belofte die eerste maal gehoor het, het hulle uitgesien na ’n spoedige
vervulling. Hulle het hulle eersgebore seun met blydskap verwelkom,
hopende dat hy die Verlosser sou wees. Maar die vervulling van die
belofte het uitgebly. Diegene aan wie dit in die begin gegee is, het
gesterf sonder om die vervulling te sien. Van die tyd van Henog
af is die belofte herhaal deur die patriarge en profete wat die hoop
op Sy koms aan die lewe gehou het, en nog het Hy nie gekom nie.
Die profesie van Daniël het die tyd van Sy koms voorspel, maar
nie almal het die boodskap reg vertolk nie. Eeu na eeu het verloop;
die stem van die profete het verstil. Die hand van die verdrukker
was swaar op Israel, en baie was klaar om uit te roep, “Die dae
gaan voort, en van al die gesigte kom niks nie.” Eseg. 12: 22. Maar
[27]
soos die sterre in hulle groot vasgestelde bane, ken Gods planne
geen haas en geen vertraging nie. Deur die simbole van die groot
duisternis en die rokende oond, het God aan Abraham die slawerny
van Israel in Egipte geopenbaar, en het Hy gesê dat hulle daar sou
bly vir vierhonderd jaar. “Daarna,” het Hy gesê, “sal hulle uittrek met
baie goed.” Gen. 15: 14. Teen daardie woord het die hele mag van
Farao se trotse leër tevergeefs geveg. Op “daardie selfde dag,” soos
in die goddelike belofte bepaal, “het al die leërskare van die Here uit
Egipteland uitgetrek.” Exod. 12:41. Net so ook in die raadsbesluite
van die hemel was die uur vir die koms van Christus bepaal. Toe
die groot uurwerk van die eeue die tyd aangewys het, is Jesus in
Betlehem gebore.
Toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun uit-
gestuur.” Die Voorsienigheid het die bewegings van die nasies gereël,
en ook die menslike drifte en invloede, totdat die wêreld ryp was
vir die koms van die Verlosser. Die volkere was verenig onder een
20