Die Uitverkore Volk
19
Hoewel die Jode verlang het na die koms van die Messias, het
hulle geen ware begrip van Sy sending gehad nie. Hulle het nie ver-
lossing van die sonde gesoek nie, maar verlossing van die Romeine.
Hulle het verwag dat die Messias sou kom as veroweraar, om die mag
van die verdrukker te breek, en Israel te verhef tot opperheerskappy.
So is die weg berei om die Verlosser te verwerp.
In die tyd toe Christus gebore is, het die volk gely onder die juk
van vreemde meesters, en hulle is geteister deur inwendige stryd.
Die Jode is toegelaat om ’n soort van eie regering te hê, maar niks
kon die feit verbloem dat hulle onder die Romeinse juk was, of hulle
versoen met die beperking van hulle mag nie. Die Romeine het
die reg voorbehou om die hoëpriester aan te stel of te ontslaan, en
dikwels is daardie pos verkry deur bedrog, omkopery, en selfs moord.
So het die priesterskap al meer en meer verdorwe geword. Maar die
priesters het nogtans groot mag gehad, en hulle het dit gebruik vir
selfsugtige doeleindes. Die volk het gely onder hulle genadelose eise,
en hulle is ook swaar belas deur die Romeine. Hierdie toestand van
sake het algemene ontevredenheid geskep, en herhaaldelik was daar
opstande. Hebsug en geweld, wantroue en geestelike lusteloosheid
het die hart van die volk verteer.
Haat vir die Romeine, en nasionale en geestelike hoogmoed, het
die Jode genoop om hulle vorms van godsdiens nog strenger vas te
hou. Die priesters het probeer om ’n reputasie van heiligheid te hand-
haaf deur baie noulettend te wees op die godsdienstige seremonies.
Die volk, in hulle duisternis en verdrukking, en die owerstes wat mag
begeer het, het verlang na die koms van die Een wat hulle vyande
sou verslaan en die koninkryk aan Israel sou herstel. Hulle het die
profesieë ondersoek, maar sonder geestelike insig. Daarom het hulle
daardie skrifture wat verwys na die lyde van Christus by Sy eerste
koms oor die hoof gesien, en die wat na Sy heerlike tweede koms
verwys het, het hulle verkeerd toegepas. Hoogmoed het hulle visie
benewel. Hulle het die profesieë vertolk volgens hulle eie selfsugtige
idees
[26]