Page 22 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

18
DIE KONING VAN DIE EEUE
afgodedienaars beperk; maar hierdie leer is verkeerd verstaan.Die
doel daarvan was om hulle te belet om mee te doen aan die heidense
gebruike, maar hulle het daarvan ’n skeidsmuur gemaak tussen Israel
en alle ander nasies. Die Jode het Jerusalem beskou as hulle hemel,
en hulle was inderwaarheid jaloers dat God miskien ook genade sou
betoon aan die heidene.
Ná die terugkeer uit Babilon is daar baie aandag bestee aan gods-
diensonderrig. Deur die hele land is daar sinagoges opgerig waar die
wet deur priesters en skrifgeleerdes verklaar is. Daar is skole gestig
wat saam met die kunste en wetenskappe ook voorgegee het om die
beginsels van geregtigheid te leer. Maar hierdie middels het ontaard.
Gedurende die ballingskap het baie van die mense besoedel geraak
met heidense idees en gebruike, en dit het hulle by hulle godsdiens
ingelyf. In baie dinge het hulle die gebruike van die afgodedienaars
gevolg.
Namate hulle van God afgewyk het, het die Jode in ’n groot mate
die leer van die rituaal uit die oog verloor. Daardie diens is deur
Christus self ingestel. Elke deel daarvan het Hom gesimboliseer,
en dit was vol krag en geestelike skoonheid. Maar die Jode het
die geestelike lewe uit hulle seremonies verloor, en vasgekleef aan
die dooie vorms. Hulle het op die offerandes en insettinge as sulks
vertrou, pleks van op Hom na wie daardie dinge verwys het. Om
die piek in te neem van die dinge wat hulle verloor het, het die
priesters en rabbi’s allerhande reëls van hulle eie ingestel, en hoe
strenger hulle geword het, hoe minder van die liefde van God het
hulle geopenbaar. Hulle het hulle heiligheid gemeet volgens hulle
talryke seremonies, met hulle harte vol hoogmoed en skynheiligheid.
Met al hulle onbenullige en lastige voorskrifte, het dit onmoont-
lik geword om die wet te hou. Diegene wat begerig was om God
te dien en wat probeer het om die rabbynse voorskrifte te hou, het
onder ’n swaar las gebuk gegaan. Hulle kon geen gemoedsrus vind
nie. So het die Satan gewerk om die mense te ontmoedig, om hulle
begrip van die karakter van God te verduister, en om Israel veragtelik
[25]
te maak. Hy het gehoop om sy aantyging te bewys wat hy gemaak
het toe hy in die hemel gerebelleer het, naamlik dat die vereistes van
God onregverdig is en nie nagekom kan word nie. Selfs Israel, het
hy aangevoer, hou nie die wet nie.