Page 21 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Uitverkore Volk
17
As Israel getrou gebly het aan God, sou Hy Sy doel met hulle
kon bereik het deur hulle te eer en te verhef. As hulle die pad van
gehoor- saamheid bewandel het, sou Hy hulle “die hoogste” gestel
het “bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ’n lof en n roem en n
sieraad”. “die volke van die aarde,” het Moses gesê, “sal sien dat die
Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal jou vrees.” “Die
volke wat al hierdie insettinge sal hoor,” sal sê, “Waarlik, hierdie
groot nasie is n wyse en verstandige volk.” Deut. 26: 19; 28: 10; 4:
6.
Maar omdat hulle ontrou was, kon God Sy doel bereik alleen deur
gedurige beproewing en vernedering.
Hulle is deur Babilon onderwerp en oor die heidense lande ver-
sprei. In hulle beproewing het baie weer hulle getrouheid aan Gods
verbond hernieu. Terwyl hulle hulle harpe aan die wilgers gehang
en getreur het oor die tempel wat verwoes is, het die lig van die
waarheid deur hulle geskyn, en ’n kennis van God is onder die volke
versprei. Die heidense stelsel van offerandes was ’n verdraaiing van
die stelsel van God, en baie wat in opregtheid die heidense rites
gevolg het, het van die Hebreërs die betekenis geleer van die godde-
like instellings, en in geloof het hulle die belofte van ’n Verlosser
aangeneem.
Baie van die bannelinge moes vervolging verduur. Vele het met
hulle lewe geboet omdat hulle die Sabbat nie wou veronagsaam en
die heidense feeste hou nie. Toe afgodedienaars opgestaan het om
die waarheid uit te delg, het die Here Sy diensknegte voor konings
en regeerders laat verskyn sodat hulle en hulle volk die lig mag
ontvang. Keer op keer is die grootste konings gedwing om te getuig
van die opperheerskappy van die God wat die Hebreeuse bannelinge
gedien het.
Deur die Babiloniese ballingskap is die Israeliete heeltemal ge-
nees van die aanbidding van beeide. Gedurende die daaropvolgende
eeue is hulle verdruk deur heidense vyande, totdat hulle eindelik
oortuig was dat voorspoed afhanklik was van gehoorsaamheid aan
[24]
die wet van God. Maar in die geval van te veel van die mense het
daardie gehoor-saamheid nie uit liefde gespruit nie. Die motief was
selfsug. Hulle het God uiterlik gedien as middel tot nasionale groot-
heid. Hulle het nie die lig van die wêreld geword nie, maar hulleself
afgesonder van die wêreld teneinde versoeking tot afgodery te ont-
vlug. In die onder- rig deur Moses, het God hulle omgang met die