Page 20 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Uitverkore Volk
VIR meer as ´n duisend jaar het die Joodse volk gewag op die
koms van die Verlosser. Al hulle hoop was op daardie gebeurtenis
gevestig. In sang en profesie, in rites en gebede, het hulle Sy Naam
geheilig. En tog, toe Hy gekom het, het hulle Hom nie geken nie.
Die Geliefde van die hemel was vir hulle soos ’n “wortel uit die droë
grond;” Hy het “geen gestalte of heerlikheid” gehad dat hulle Hom
sou begeer nie. “Hy het na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense het
Hom nie aangeneem nie.” Jes. 53: 2; Joh. 1:11.
Nogtans het God Israel uitgekies. Hy het hulle geroep sodat hulle
onder die mense die kennis van Sy wet, en die simbole en pro- fesieë
wat op die Verlosser gewys het, kon bewaar. Sy begeerte was dat
hulle heilfonteine sou wees in die wêreld. Wat Abraham was in die
land van sy vreemdelingskap, wat Josef was in Egipte, en Daniël
aan die Babiloniese hof, dit moes die Hebreeuse volk wees onder
die nasies. Hulle moes God aan die mense openbaar.
Toe Hy Abraham geroep het, het die Here gesê, “Ek sal . . . jou
seën . . . dat jy n seën sal wees. ... In jou sal al die geslagte van die
aarde geseën word.” Gen. 12: 2, 3. Hierdie leer is ook deur die pro-
fete herhaal. Selfs ná Israel deur oorlog en ballingskap verwoes is,
het die belofte vir hulle blystaan: “Dan sal die oorblyfsel van Jakob
onder baie volke wees soos dou van die Here, soos reënbuie op die
plante, wat op geen mens wag nie en terwille van geen mensekind
vertoef nie.” Miga 5: 6. Aangaande die tempel te Jerusalem het die
Here deur Jesaja gesê, “My huis sal ’n huis van gebed genoem word
[23]
vir al die volke.” Jes. 56: 7.
Maar Israel het hulle hoop gevestig op wêreldse grootheid. Van
die tyd af dat hulle die land Kanaan binnegegaan het, het hulle
afge- wyk van die gebooie van God en in die weë van die heidene
gewandel. Tevergeefs het God hulle deur die profete gewaarsku.
Tevergeefs het Hy hulle gekasty deur heidense verdrukking. Elke
hervorming is gevolg deur ’n nog groter afval.
16