“
God Met Ons”
15
en hoe groot is hulle skoonheid.” Sag. 9: 16, 17. Die verhoging van
die verlostes sal ’n ewige getuienis wees van Gods genade. “In die
eeue wat kom,” sal Hy “die uitnemende rykdom van Sy genade in
goedertierenheid oor ons in Christus Jesus betoon”, “sodat nou . . .
bekend kan gemaak word aan die owerhede en magte in die hemele
die menigvuldige wysheid van God, volgens die ewige voorneme
wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here.” Efe. 2:7; 3: 10,
11.
Deur die verlossingswerk van Christus staan die regering van
God geregverdig. Die Almagtige Een word geopenbaar as die God
[21]
van liefde. Die aantygings van die Satan is geloënstraf, en sy karakter
is aan die kaak gestel. Daar kan nooit weer opstand wees nie. Die
sonde sal nooit weer die heelal binnedring nie. Deur die ewigheid
sal almal gevrywaar wees teen afvalligheid. Deur die opoffering wat
deur die liefde gemaak is, word die bewoners van die aarde en die
hemel aan hulle Skepper verbind met bande wat onverbreekbaar is.
Die verlossingswerk sal volkome afgedaan wees. In die plek
waar die sonde geheers het, sal Gods genade oorvloediger wees. Die
aarde self die plek wat die Satan opeis as syne, sal nie alleen verlos
word nie, maar ook verhoog. Ons ou wêreldjie, wat onder die vloek
van die sonde die een klad in die skepping van God is, sal vereer
word bo al die ander wêrelde in die heelal van God. Hier, waar die
Seun van God in menslike vlees gewoon het; hier waar die Koning
van heerlikheid gely en gesterf het, sal, wanneer Hy alle dinge nuut
sal maak, God by die mense woon, “en Hy sal by hulle woon, en hul
e sal Sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.” En
deur die ewigheid heen sal die verlostes, waar hulle in die lig van
die Here wandel, Hom loof vir Sy onuitspreeklike gawe —
Emmanuel, “God met ons”
.
[22]