Page 18 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

14
DIE KONING VAN DIE EEUE
van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy
verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom.”
Jes. 53: 5.
Christus is behandel soos ons verdien het, sodat ons kan behandel
word soos Hy verdien het. Hy is veroordeel vir ons sondes waaraan
Hy geen deel gehad het nie, sodat ons geregverdig kan word deur Sy
geregtigheid waarin ons geen deel gehad het nie. Hy het ons dood
gesterf, sodat ons Sy lewe kan ontvang. “Deur Sy wonde het daar
vir ons genesing gekom.”
[20]
Deur Sy lewe en Sy dood, het Christus meer verkry as slegs
verlossing uit die ellende van die sonde. Dit was die Satan se doel
om ewige verwydering te bring tussen God en die mens; maar in
Christus is ons nouer verbind met God as wat ons sou gewees het as
ons nooit in die sonde geval het nie. Deur ons natuur aan te neem, het
die Heiland Hom met die mensheid verbind met ’n band wat nooit
verbreek kan word nie. Deur die eeue van die ewigheid is Hy aan ons
verbind. “So lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore
Seun gegee het.” Joh. 3: 16. Hy het Hom gegee, nie alleen om ons
sondes te dra en as ons soenoffer te sterf nie, maar Hy het Hom aan
die gevalle mensdom gegee. Om ons te verseker van Sy onverander-
like vredesverbond het God Sy eniggebore Seun gegee om een te
word met die menslike geslag, en om vir altyd die menslike natuur
te behou. Dit is die waarborg dat God Sy woord sal vervul. “Want ’n
Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy
is op Sy skouer.” In die persoon van Sy Seun het God die menslike
natuur aangeneem, en Hy het dit tot in die hoogste hemele geneem.
Dit is die “Seun van die mens wat saam met die Vader op die troon
van die heelal sit”. Dit is die “Seun van die mens” wat genoem word,
Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.” Jes.
9: 5.
Die EK IS, is die Skeidsregter tussen God en mens, want Hy
gryp albei aan. Hy wat “heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van
die sondaars is,” skaam Hom nie om ons broers te noem nie. (Heb.
7: 26; 2: 11.)
In Christus is die gesin van die aarde en die gesin van
die hemel verbind. Die verheerlikte Christus is ons broer. Die Hemel
woon in die mensheid, en die mensheid is opgeneem in die boesem
van Ewige Liefde.
Van Sy volk het God gesê: “Hulle is kroongesteentes wat hulle
skitterend verhef oor Sy land. Want hoe groot is hulle voortreflikheid,