Page 17 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

God Met Ons”
13
is nie. Daarom is Jesus in alle opsigte versoek net soos ons. (Heb. 4:
15.)
Hy het elke beproewing deurgemaak waaraan ons onder- worpe
is. En Hy het ten behoewe van Homself geen krag aangewend wat
nie ook vryelik vir ons daar is nie. As mens het Hy versoekings
weerstaan en oorwin in die krag wat God aan Hom gegee het. Hy het
getuig, “Ek het lus, o My God, om U welbehae te doen, en U wet is
binne-in my ingewande.” Ps. 40: 9. Waar Hy die land deurge- gaan
en goed gedoen het, die siekes genees het en almal wat deur die
Satan geteister is, het Hy duidelik aan die mense die karakter van.
[19]
Gods wet verklaar en die aard van Sy bediening. Deur Sy lewe
het Hy bewys dat dit vir ons moontlik is om ook Gods wet te ge-
hoorsaam.
Deur Sy mensheid het Christus die mensheid aangeraak; deur
Sy godheid was Hy verbind met die troon van God. As die Seun van
die mens het Hy ons die voorbeeld van gehoorsaamheid gestel; as
die Seun van God skenk Hy ons krag om te gehoorsaam. Dit was
Christus wat uit die brandende bos by Horeb met Moses gepraat
engesê het, “EK IS WAT EK IS. . . . So moet jy die kinders van Israel
antwoord: EK IS het my na julle gestuur.” Exod. 3: 14. Dit was die
waarborg van Israel se verlossing. Toe Hy dan in die gelykenis van
menslike vlees gekom het, het Hy gesê dat Hy die EK IS, is. Die
kind van Betlehem, die sagmoedige en nederige Heiland, is God
geopenbaar in die vlees. (1 Tim. 3: 16.) Aan ons sê Hy: “EK IS die
goeie Herder.” “EK IS die lewende Brood.” “EK IS die Weg en die
Waarheid en die Lewe.” “Aan My is gegee alle mag in hemel en op
aarde.” Joh. 10: 11; 6: 51; 14: 6; Matt. 28: 18. EK IS die waarborg
van elke belofte. EK IS, moenie vrees nie. “God met ons” is die
waarborg van ons verlossing van die sonde, die versekering van ons
krag om die wet van die hemel te gehoorsaam.
Deur neer te buig om die menslike vlees aan te neem, het Christus
n karakter geopenbaar wat die teenoorgestelde van die karakter
van die Satan is. Maar Hy het nog laer neergebuig op die pad van
vernedering. “En in die gestalte gevind as ’n mens, het Hy Homself
verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja die dood van
die kruis.” Filip. 2: 8. Net soos die hoëpriester sy pragtige kleed
uitgetrek, en die wit linnekleed van ’n gewone priester aange- trek
het, so het Christus ook die gestalte van ’n dienskneg aangeneem en
geoffer, Hy self die priester, en Hy self die slagoffer. “Hy is ter- wille